Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Bob Dylan verkoop liedjiekatalogus vir R300 m.

Die Amerikaanse liedjieskrywer en sanger Bob Dylan het sy liedjieskryf-katalogus glo vir meer as $300 miljoen aan die Universal Music Group verkoop.

Dit strek oor meer as ses dekades met meer as 600 liedjies, wat dit dalk die grootste aankoop nóg van een kunstenaar se werk maak.

Dit is wel die grootste transaksie wat die afgelope jaar beklink is.

Dylan (79) is die enigste rock-ster wat al die Nobelprys vir letterkunde gekry het.

Die katalogus strek van sy treffer “Blowin’ in the Wind” in 1962 tot “Murder Most Foul”, wat vanjaar die lig gesien het.

Oor die afgelope 58 jaar het die kulturele en ekonomiese waarde van sy oeuvre geweldig gegroei.

Dié katalogus sluit in ander treffers soos “The Times They are a-Changin’ ” en “Like a Rolling Stone”.

Dylan het lank self die kopiereg van sy liedjies gehanteer.

“Dit is geen geheim nie dat die kuns om liedjies te skryf die sleutel tot alle goeie musiek is,” sê Lucian Grainge, uitvoerende hoof van die Universal Music Group, in ’n verklaring.

“Dit is ook nie ’n geheim nie dat Bob een van die beste beoefenaars van hierdie kuns is.”

Dylan het nie op die transaksie kommentaar gelewer nie.

Hy het in 2016 die Nobelprys vir letterkunde gekry omdat hy “nuwe digterlike uitdrukkings in die Amerikaanse liedjietradisie geskep het”.

Dylan is ’n liedjieskrywer oor wie se werk musiekverspreiders graag kibbel.

Sy werk het nie net die toets van die tyd deurstaan nie, maar die meeste van sy liedjies het hy op sy eie geskryf en dit is gereeld deur ander kunstenaars uitgevoer en opgeneem. En elke opname het tantiemes meegebring.

Volgens Universal is Dylan se liedjies al meer as 6 000 keer opgeneem.

Die transaksie met Universal sluit egter liedjies uit wat Dylan in die toekoms mag skryf.

Dus is dit moontlik dat hy in die toekoms met ’n ander verspreider sal werk.

Bronne: The New York Times, Rolling Stone, Variety.com en The Wall Street Journal.

Meer oor:  Universal Music Group  |  Bob Dylan  |  Musiek  |  Liedjieskrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.