Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER weer: Bocelli sing op Paassondag
Andrea Bocelli
Andrea Bocelli

Andrea Bocelli, die blinde Italiaanse tenoor, gaan op Paassondag ’n uitvoering in ’n leë Duomo in Milaan, Italië, lewer.

Net hy en die orrelis Emanuele Vianelli sal in die groot katedraal wees, wat deur die stadsvaders spesiaal vir die geleentheid oopgesluit sal word.

Die sang sal egter nie tot die katedraalruimte beperk wees nie, die hele wêreld sal kan luister hoe Bocelli Gounod se verwerking van Bach se “Ave Maria” en Pietro Mascagni se “Sancta Maria” sing aangesien dit regstreeks op YouTube gestroom word. Die optrede is om 19:00 Italiaanse tyd, wat presies met Suid-Afrikaanse tyd ooreenstem.

Volgens ’n berig in The Guardian het Bocelli reeds deur sy stigting geld geskenk vir hospitale en vir die verskaffing van beskermende toerusting vir Italiaanse gesondheidswerkers. Sowat 18 000 Italianers is al aan Covid-19 dood.

Beppe Sala, burgemeester van Milaan, sê Paasfees sal vanjaar heeltemal anders wees as dit waaraan mense oor die jare gewoond was.

“Ek glo Bocelli se stem sal troos in die inperkingstyd verskaf.”

Meer oor:  Musiek  |  Andrea Bocelli
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.