Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Boer’-paartjie se lied ’n treffer
Richann Brüssow en René de Klerk, die paartjie van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, se eerste enkelsnit, “Vrystaatse vlaktes”, is ’n wegholsukses. Foto: Christian Wolf

Die liedjie “Vrystaatse vlaktes” van Richann Brüssow en René de Klerk, die paartjie van die gewilde werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou op kykNET, het soos ’n Vrystaatse somerdonderstorm Suid-Afrikaanse musiekgehore getref en is ’n wegholsukses.

Digitale platforms soos Apple Music, Vevo en YouTube waarop die enkelsnit uitgereik is, het Vrydag gekreun onder die duisende besoekers wat graag die lied vir die eerste keer wou hoor.

Brüssow (30) en De Klerk (26) het Donderdagaand hul eerste enkelsnit onder hul verhoognaam, Reën, bekend gestel.

Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Select Musiek en die groep se mediabestuurder, sê hulle is totaal oorbluf deur Suid-Afrikaners se reaksie op die enkelsnit.

Hy sê terwyl Brüssow en De Klerk Vrydagaand op Toks en Tjops op kykNET verskyn het, het die liedjie in die eerste plek op Apple Music se musieklys ingeskuif.

“Richann en René is heeltemal oorweldig en het gisteraand gesê hulle het nie woorde om hul dankbaarheid te verwoord nie. Hulle het glad nie verwag dat die liedjie so goed sou vaar nie,” het Spangenberg Saterdagoggend met ’n groot glimlag gesê.

Spangenberg sê dit is ongelooflik dat die liedjie binne die eerste 24 uur nadat die uitgereik is boaan Apple Music se musieklys beland het.

Die musiekvideo het teen Saterdagoggend meer as 58 000 kykers gelok. 'n Paar uur later het dit opgeskiet na 62 000. 

Etlike bewonderaars het boodskappe van gelukwensing na die paartjie se Facebookblad gestuur. 

Jossie Taute skryf:"Wow dit is awesome. Love die song en ook dit wat jul op Toks en Tjops gesing het. Julle reis begin nou. Wens julle alle sterkte en voorspoed toe. Julle is 'n stunning couple. Geweet van die begin af julle is 'n match."

Rochell Kitching skryf: "Pragtige liedjie. Julle is beslis Boer soek 'n vrou se glaspaartjie. Baie geluk julle."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.