Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Bok Radio 98.9FM deel eerbewyse uit

Dis amper weer tyd vir die jaarlikse Bokkie-toekennings, waarmee Bok Radio 98.9FM plaaslike kunstenaars, sportsterre en radiopersoonlikhede vereer.

Die eerste Bokkie-toekennings is in November 2011 gehou en 136 mense het die geleentheid in die Jamrock-teater in Brackenfell in die Kaap bygewoon. Die gewildheid het toegeneem en in 2012 het 5 000 mense die Bokkie-toekennings in die Grand Arena by GrandWest bygewoon.

Dit was Wimpie van der Sandt, uitvoerende hoof, se idee om plaaslike talent op dié manier te vereer. Die idee is om erkenning te gee aan kunstenaars wat gewoonlik oorgesien word ten gunste van meer bekende kunstenaars, maar wie se musiek verdien om op ’n groter verhoog gehoor te word.

Bok Radio is met trots verbind tot die bevordering van plaaslike talent. Twee van die gewildste sangers in Afrikaans Elandré en Refentse het hul buiging op Bok Radio gemaak.

Elandré het in Oktober 2016 ’n video op sosiale media geplaas waarin hy “Tougher than the rest” van Bruce Springsteen gesing het. Dit het soos ’n veldbrand versprei en Bok Radio het hom na hul ateljee genooi. Hy het die geleentheid gekry om tydens die oggendprogram, #Bokbrekfis, vir luisteraars te sing, waarna Ernst Kleinhans van Select Music ingeskakel het en vir Elandré ’n platekontrak aangebied het. Die res is geskiedenis!

Kyk hier na Elandré se besoek aan die Bok Radio-ateljee:

Bok Radio was ook die eerste radiostasie om musiek van Refentse te speel. Nadat Refentse die Bok Radio-ateljee besoek het, het die radiostasie besluit om vir hom ’n optrede by die Jamrock-teater te reël. Kaartjies vir dié konsert is binne minute uitverkoop. Refentse het hom sedertdien gevestig as ’n bekende gesig in die Afrikaanse musiekbedryf.

Dis verhale soos dié wat Bok Radio so gewild maak by sy luisteraars. En met die jaarlikse Bokkie-toekennings word daar hulde gebring aan dié soort talent. Vanjaar se prysuitdeling vind op 6 Oktober plaas en gaan volgens Van der Sandt “groter, beter en lekkerder wees as ooit tevore!”

Wen kaartjies

Een gelukkige leser kan twee kaartjies wen na vanjaar se Bokkie-toekennings, wat by GrandWest se Grand Arena gehou word. Om vir die kaartjies in aanmerking te kom, stuur jou naam en kontakbesonderhede na bemarking@netwerk24.co.za met “Bokkie-toekennings” in die onderwerplyn. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 23 September om 12:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.