Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Brit-pryse: Kletsrymer noem Boris Johnson 'n rassis

Die Britse kletsrymer Dave het Boris Johnson, premier van Brittanje, ’n rassis genoem op die 40ste Brit-musiekprysuitdeling in Londen waar hy die prys vir beste album met Psychodrama gewen het.

Dave op die 40ste BRIT-musiekprysuitdeling in Londen. Foto: Joel C Ryan/Invision/AP

Dave (21) het ook die tekort aan bystand aan oorlewendes van die Grenfell-tragedie in 2017 betreur en sy stuiwer in die armbeurs gegooi oor die media se ongelyke behandeling van Catherine, die hertogin van Cambridge en Meghan Markle, hertogin van Sussex.

Dave het sy bedankingstoespraak gebruik om erkenning te gee aan Britte in aanhouding, soos sy broer, Christopher.

Die Skotse sanger en liedjieskrywer Lewis Capaldi is as beste nuwe kunstenaar aangewys.

Capaldi (23) se liedjie “Someone You Loved”, wat sewe weke nommer een op die Amerikaanse treffersparades was, is as beste liedjie aangewys.

Hoewel sy debuutalbum, Divinely Uninspired to a Hellish Extent, verlede jaar die topverkoper in Brittanje was, het Dave se Pscyhodrama die prys van beste album opgeraap.

Sy album handel oor swart identiteit en grondwetlike rassisme.

Billie Eilish, wat onlangs die Grammy-pryse oorheers het, is as die beste internasionale vroulike kunstenaar aangewys.

Sy het op die aand die temalied van die komende James Bond-rolprent, No Time to Die, gesing, wat sy ook geskryf het.

Van die wenners:

Beste album

Psychodrama deur Dave

Beste Britse vroulike kunstenaar

Mabel

Beste Britse manlike kêrel

Stormzy

Beste Britse groep

Foals

Lewis Capaldi is as beste nuwe kunstenaar aangewys. Foto: Joel C Ryan/Invision/AP

Beste nuwe kunstenaar

Lewis Capaldi

Beste liedjie

Lewis Capaldi met “Someone You Loved”

Internasionale vroulike kunstenaar

Billie Eilish

Internasional manlike kunstenaar

Tyler, The Creator

Opkomende ster

Celeste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.