Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Cantado@bloem vier 10 jaar van saamsing
Cézanne Yzelle
Jacobus Silwer

Tien jaar van saamsing vra vir ’n viering en dit is presies wat die Bloemfonteinse Gemeenskapskoor cantando@bloem vir hul jaarkonsert beplan.

Behalwe die gewildste koorwerke uit die afgelope tien jaar se programme, betrek hulle ook die sangsoliste Cézanne Yzelle en Jacobus Silwer, ’n strykkwartet, twee klaviere en perkussie as begeleiding, en ’n nuwe keurspel van Lucas Maree se liedjies.

Naas “Ode aan my land” deur Anton Esterhuyse, wat ook die Lucas-keurspel geskep het, word nog twee werke deur Suid-Afrikaanse komponiste uitgevoer, “Dona Nobis Pacem” van Isak Roux en “Bitterbessie Dagbreek”, Ingrid Jonker se gedig getoonset deur Renette Bouwer.

Vir die “Kyrie” uit die Messe Solennelle, wat die Fransman Louis Vierne gekomponeer het toe hy die orrelis van die Notre Dame-katedraal in Parys was, is ’n vars Franse “geur” gegee. Die Bloemfonteinse orrelis Lourie Coetzee, wat onlangs meesterklasse by Liesbeth Schlumberger in Lyon, Frankryk, ontvang het, sal die “Kyrie” op die orrel begelei.

Coetzee, asook ’n strykkwartet, sal die “Hallelujakoor” uit Handel se Messias begelei.

Die meeste mense is mal oor “O Fortuna” uit Carmina Burana van Carl Orff, en om dit die grootse klank te gee wat dit verdien, sal die Flying Fingers-duo, Johan Cromhout en Brigitte Botha, begeleiding op twee klaviere verskaf aangevul met perkussie deur drie spelers.

“Blou” van André Swiegers, “Viva la musica”, “Be Thou my Vision” en die immergewilde “Wildsbok” is ook liedere om na uit te sien.

Die uitvoering sal eers klaar wees wanneer vorige koorlede hulle vir ’n slotlied by die koor aangesluit. Selfs die gehoor sal genooi word om saam te sing.

Vir ’n tikkie nostalgie gaan Bouwer van Rooyen, die stigter van cantando@bloem, enkele werke dirigeer. Van Rooyen woon nou in Port Elizabeth waar hy ’n soortgelyke koor, cantando@algoa, begin het.

Werner Stander, wat in Bloemfontein by Van Rooyen oorgeneem het, het die goeie nuus gekry dat hy in 2020 meesterklasse in dirigeerkuns aan die Robert Schumann Hochschule in Düsseldorf kan bywoon. Terwyl hy daar is, sal hy ook ’n lesing oor Afrika-musiek gee.

  • 1 September om 16:00 in die Odeion-teater op die Kovsiekampus. Die kaartjies kos R100 en R40 vir kinders jonger as 12 jaar. Kaartjies kan by koorlede gekoop word of by Liesbet de Lange by 082 565 5932.
Meer oor:  Koor  |  Musiek  |  Jacobus Silwer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.