Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
CH2 en Spanse dansers gaan vonke laat spat

Die kitaarduo CH2 wil met die musiekproduksie Spanish Fire! hul rekord vir die vinnigste kitaarspel verbeter.

Die duo, bestaande uit Corneille Hutten en Christiaan Jacobsz, tree op 1 en 2 Mei saam met die Montoya Spaanse dansers in die AfriForum-teater in Pretoria op.

Corneille Hutten en Christiaan Jacobsz van CH2 Foto: Xavier Sear

“Die trekpleister is eerstens ’n lekker musiekkonsert. Ons het lank gedurende die inperking geoefen. Maar ons bied ook iets aan wat ons nog nie vantevore gedoen het nie. Dit is ook ons eerste konsert saam met die Montoya-dansers sedert die inperking begin het.”

Hulle het hul rekord van 680 slae op die kitaar per minuut in 2018 in dieselfde gebou opgestel, wat voorheen die Brooklyn-teater was.

“Dit het laas ’n frenzy veroorsaak. Ons oefen nou dat dit bars.”

Die duo het ook in dié tyd die kitaarspeler Lee Ritenou se Six String-internasionale kitaarkompetisie in die afdeling “Worldwide classical and flamenco” gewen.

Dit het aan hulle ’n tien daglange toer na die VSA besorg.

“Daar het ons ’n werkswinkel bygewoon waar ons die manne van die groep Toto ontmoet het. Ons het in Connecticut aan ’n kompetisie deelgeneem waarin ons die halfeindronde gewen het.

CH2 tree op 1 en 2 Mei in die AfriForum-teater in Pretoria op. Foto: Xavier Sear

Ons is eers terug Suid-Afrika toe, waarna ons weer genooi is – dié keer om in die eindronde op te tree. So ses weke later is ons weer na Amerika toe.”

Die konserte op 1 en 2 Mei sluit in treffers soos “Vyfster”, “Volare”, “Bamboleo” en “Despacito”.

’n Klein huldeblyk word gelewer aan José Montoya, wat die dansgroep begin het.

Hy is verlede jaar aan Covid-19 dood.

Sy dogter Maria-Lorca Montoya het die dansgroep by hom oorgeneem.

Benewens die konsert aanstaande maand is CH2 se nuwe album, The Cover Up, onlangs bekend gestel.

• Vertonings in die AfriForum-teater is op 1 Mei om 19:00 en 2 Mei om 15:00. Kaartjies kos R80 tot R180. Besoek dappermedia.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Corneille Hutten  |  Christiaan Jacobsz  |  Afriforumteater  |  Musiek  |  Teater  |  Ch2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.