Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Charl du Plessis Trio se ‘Baroqueswing’ na Bloem

Of jy van klassieke musiek of jazz hou, die Charl du Plessis Trio het ’n repertorium wat albei gehore en ook almal tussenin plesier sal gee.

As jy steeds twyfel of jy sy Baroqueswing-konsert volgende maand in Bloemfontein wil bywoon, het jy die versekering dat jy ten minste vir sy kostelike aankondigings sal lag.

Dié oud-Bloemfonteinse Steinway-pianis en sy trio-maats, Hugo Radyn (tromme) en Werner Spies (baskitaar en kontrabas), het die vermoë om hul musiek elke jaar na ’n volgende vlak te neem.

In 2015 het hulle die eerste Suid-Afrikaanse musici geword wat onder die Switserse etiket Claves opgeneem is toe die trio ’n uitvoering van Baroqueswing Volume II gegee het. Van die internasionaal bekende musici met opnames by dié maatskappy sluit die pianiste Emil Gilels, Van Cliburn en Walter Gieseking en Peter-Lukas Graf (fluit) in.

Du Plessis sê die regstreekse opname van Baroqueswing Volume II was voor ’n gehoor in Ernen, Switserland. Die eerste Baroqueswing, ook ’nlewende uitvoering voor ’n konsertgehoor maar nie onder die Claves-etiket nie, was in 2013.

Die gehalte van Baroqueswing Volume II het nie ongemerk verbygegaan nie – dit is vanjaar met ’n Sama as die beste klassieke en instrumentale CD bekroon.

Ligte jazzverwerkings wat die ritmiese vitaliteit van Barokmusiek ten beste illustreer, is op die CD en sal in Bloemfontein uitgevoer word.

Dit sluit werke in van Vivaldi, Bach se bekende Toccata en fugaen Jesu, Joy of Man’s Desiring, asook nuwe verwerkings wat nog nie opgeneem is nie, soos Bach se Concerto vir twee viole in D mineur.

Du Plessis verwerk self al die musiek en sê op dié wyse sit hy die crossover-genre voort waarmee die Franse pianis Jacques Loussier in 1959 roem verwerf het. Hy glo sy trio is op dieselfde hoë artistieke vlak as dié van Loussier, waarvan die Claves-kontrak getuig.

In die tien jaar van die Charl du Plessis Trio se bestaan het hy vyf CD’s en een DVD uitgereik.

* Baroqueswing Volume II: 5 September om 19:30 in die Odeionteater op die UV-kampus. Kry kaartjies vir R150 by Computicket of die deur. Vir meer inligting, besoek www.charlduplessis.com.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.