Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Charl speel toe vleuel(klavier) op Loftus

“Ek speel vandag op Loftus,” vertel hy vir ’n vriend oor die foon. “Watter posisie?” vra die vriend. “Vleuel,” sê hy. “Sommer linker- en regtervleuel”.

Só skerts die pianis Charl du Plessis wat Maandag, 5 Oktober te sien was in die eerste episode van Nataniël se nuwe TV-reeks, Toegang, waar hy op ’n Steinway-vleuelklavier op Loftus speel – sonder enige mense om hom.

Dit is maar net een van die vele vreemde plekke waar Du Plessis al gespeel het. Hy was ook die eerste pianis wat ’n uitvoering op Tafelberg gelewer het.

Oor die opname op Loftus sê hy dit was ’n voorreg en baie lekker om daar te kon speel. “Die akoestiek in die leë stadion was ongelooflik.”

Charl du Plessis by die Steinway-vleuelklavier waarop hy onlangs by die Loftus-stadion gespeel het.

Du Plessis sê hoewel hy nie ’n groot rugbyaanhanger is nie, het hy tydens sy skooljare aan Grey-kollege in Bloemfontein respek vir dié sportsoort geleer en hy was al ’n toeskouer op Loftus. Hy sê dit is beslis veel anders op die veld as bloot tussen die skare.

Vanjaar is die 20ste jaar dat Du Plessis vir Nataniël begelei en die aanvanklike beplanning was dat 2020 ’n vieringsjaar vir dié musici sou wees. Met die uitbreek van die koronavirus-pandemie is daar egter ’n stokkie voor alle beplanning gesteek.

“Nataniël het eers ’n ander program vir kykNET beplan, maar met die staat van inperking moes hy dit heroorweeg en dit is hoe Toegang gebore is.”

Daar is besluit om die hele reeks in Pretoria op te neem oor die verbod op interprovinsiale reise.

“Nataniël is iemand wat by die reëls hou, daar is dus op een bestemming besluit vir die verfilming van die reeks. Ek vind die naam van die reeks so toepaslik. Ons het toegang gehad tot plekke waar ander gewoonlik ook sou kon kom, maar in dié tydperk was dit verlate.”

Die pianis Charl du Plessis in aksie op Loftus se veld.
Charl du Plessis sê hy sal graag van Blou Bull-ondersteuners wil weet wat hulle van sy vertoning op die veld gedink het.

Du Plessis sê hoewel hy in elke episode aan die einde van die program ’n komposisie van Nataniël speel, moes hy agter die skerms ook hand bysit met skottelgoed was, tafels skoonmaak en kruie kap.

“Gelukkig het ek darem ook ’n halftyd gehad waar ek die klavier kon stem voordat ek daarop moes speel.”

Hy sê hy sal graag van Blou Bul-ondersteuners wil hoor wat hulle van hom op die vleuel-posisie gedink het.

  • Toegang word Maandae om 20:30 uitgesaai (DStv-kanaal 144).
Meer oor:  Loftus  |  Charl Du Plessis  |  Nataniël  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.