Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Classics’ in Sun Arena is dawerende sukses
Demi Lee Moore in ’n Game of Thrones-toneel terwyl sy Celine Dion se “All Coming Back To Me” in Saterdagaand se Classics-vertoning in die Sun Arena sing. Foto: Ruben Roos

Drie konserte later, waarvan Saterdagaand se gala-vertoning in die Sun Arena in Pretoria met 8 500 kaartjies heeltemal uitverkoop was, was vanjaar se Classics-konsert ’n dawerende sukses.

Corlea Botha het behoorlik saam met Tarryn Lamb en Monique Steyn gesmeul met hul weergawe van “Sway”. Foto: Ruben Roos
Die verhoogkunstenaar Jonathan Roxmouth was ’n welkome nuwe gesig in vanjaar se Classics. Foto: Ruben Roos
Siki Jo-An het die hele Sun Arena aan die kliek gehad met haar weergawe van Miriam Makeba se “Click Song”. Foto: Ruben Roos

Konsertgangers was beslis nie teleurgesteld in die byna drie uur lange vertoning, waarin van die grootste treffers van alle tye deur ons land se beste stemme gesing is nie.

Die konsert het met mening afgeskop toe ’n stoomtrein op die verhoog ry met The Greatest Showman se “The Greatest Show” en vandaar het die poppe behoorlik gedans.

Demi-Lee Moore het Celine Dion se treffer “All Coming Back To Me” gesing terwyl Corlea Botha, Monique Steyn en Tarrryn Lamb die gehoor met hul smeulende weergawe van “Sway” gaande gehad het. Die een so sexy soos die ander.

Timothy Moloi het “Cry Me a River” uitstekend vertolk en Ruan van Touch of Class en Tarryn Lamb het die treffer “Shallow” amper beter as Lady Gaga en Bradley Cooper self gesing.

Die gehoor het trane afgevee met Elvis Blue se huldeblyk aan Johnny Clegg toe hy “African Sky” saam met Clegg se saksofoonspeler van die afgelope 20 jaar, Brendon Ross, gesing het en ’n groot verrassing was toe die The Voice SA se top-drie-sanger Siki Jo-An op die verhoog stap en haar weergawe van die Miriam Makeba-treffer the “Click Song” sing.

Tarryn Lamb en Touch of Class se Ruan terwyl hulle “Shallow” sing. Foto: Ruben Roos

Die jong Amira het ’n Sound of Music-keurspel gesing en Corlea Botha het die verhoog aan die brand gehad met haar weergawe van Annie Lennox se “Stay with Me”.

Die internasionaal bekroonde Jonathan Roxmouth se weergawe van Andrew Lloyd Webber se “Music of the Night” was briljant en hy het ’n nuwe geur tot Classics gevoeg, terwyl ou gunstelinge soos Kevin Leo en Jannie Moolman ook weer eens groot aftrek gekry het.

Meer oor:  Tarryn Lamb  |  Demi Lee Moore  |  Corlea Botha  |  Classics
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.