Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Classics vanjaar is groter as groot

Dis nou nie meer net ’n geval dat die jaarlikse Classics-konsert groot gaan wees nie, vanjaar gaan dit glo reusagtig wees.

So sê Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van dié musiekproduksie.

Corlea Botha ten tyde van verlede jaar se Classics-vertoning. Sy is weer vanjaar in dié konsert te sien.

Vanjaar vind Classics op Vrydag 19 en Saterdag 20 Julie by die Sun Arena in Pretoria plaas en hoewel Pretorius aanvanklik maar sku was om enige van sy geheime oor die vertoning te verklap, het hy later tog gesê: “Wie weet, miskien is daar vanjaar ’n stoomlokomotief op die verhoog of dalk selfs ’n oorlogstoneel waar ’n kanon of twee afgaan.

“Wat kan nou beter wees as ’n Demi Lee Moore wat Céline Dion se “All Coming Back To Me” in ’n volle Game of Thrones-stel sing?” vra Pretorius met ’n skalkse laggie.

Van ons land se gewildste kunstenaars gaan weer vanjaar in die Classics-konsert optree en konsertgangers kan hulle gereed maak om treffers deur sterre soos Moore, Elvis Blue, Jonathan Roxmouth, Tarryn Lamb, Corlea Botha, Amira, Touch of Class, Monique Steyn, Kevin Leo, Boki, Timothy Moloi en Jannie Moolman te hoor.

“Ons het al die regte bestanddele bymekaargesit – ’n massiewe verhoog, die beste stemme in ons land, professionele dansers en baie spesiale effekte om weer eens ’n massiewe ekstravaganza vir die publiek te bring.

“ ’n Mens kan maar sê dat Classics die Engelse weergawe is van Afrikaans is Groot en ons het al die grootste treffers in die wêreld gevat en dit ons eie gemaak,” sê Pretorius.

Kaartjies vir die Saterdag-vertoning is uitverkoop, maar daar is steeds kaartjies beskikbaar vir die Vrydagaand.

Kaartjies vir Classics 2019 is beskikbaar by Computicket of Shoprite- en Checkers-winkels landwyd.

Meer oor:  Classics  |  Barry Pretorius  |  Sun Arena  |  Konsert  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.