Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Coenie komponeer musiek vir Fortuin-ballet

Katrina Esau (85) woon in Rosedale, Upington. Sy is ’n gewone vrou met iets buitengewoons. Sy is een van die laaste mense ter wêreld wat die Khoi-dialek N/uu nog vlot kan praat.

Coenie de Villiers en Katrina Esau.Foto: Anton Opperman

As dit nie vir ’n terloopse ontmoeting tussen die sanger en komponis Coenie de Villiers en die danser Kirvan Fortuin was nie, sou haar storie waarskynlik in die niet verdwyn het.

Die twee het by ’n geleentheid in die Kunstekaap ontmoet, begin gesels en die uiteinde is ’n produksie waarin haar lewensverhaal deur musiek en dans vertel gaan word. Meer as dit – sy gaan self in haar eie taal vertel. Vir Afrikaanses sal die woorde as deel van die dekorprojek geskryf word en vir Engelse mense sal daar boskrifte gebruik word.

Die musiek, ballet, die vertelling en video van rotskuns loop as ’n eenheid.

De Villiers is baie opgewonde oor die projek, maar hy voel ook baie verantwoordelik.

“’n Mens kan nie net in ’n kultuur inval en dit stroop en plunder nie,” sê hy. “Ons probeer om ’n aangrypende en baie mooi verhaal uit die Nama-gemeenskap met waardigheid te vertel.”

Coenie de Villiers

Hy het ’n indringende gesprek met die Sanraad gehad en hulle moet goedkeur wat gedoen gaan word. Sover vasgestel kon word, is daar nog nie voorheen so ’n projek aangepak nie.

“Dis een mens se lewensverhaal. Dis die storie van hoe sy grootgeword het, haar eerste liefde en dan veral haar taal.”

Inheemse instrumente gaan gebruik word saam met kontemporêre instrumente gebruik word.

“Ek wil dit beskryf as tradisionele klanke wat Vangelis ontmoet.” sê hy.

“Afgesien van die verhaal van die taal, is ouma Katrina een van die ongelooflikste mense wat ek nog ontmoet het. Sy het op haar erf langs haar huis ’n klaskamer waar sy smiddae kinders onderrig in N/uu. Avbob het daarvan gehoor en het nou vir haar ’n klaskamer elders gegee vir die doel.”

De Villiers sien baie potensiaal in die projek en hy hoop dat dit ook internasionaal ’n groot sukses kan wees.

Die ballet Katrina word van 19 tot 22 September in die Kunstekaap opgevoer as deel van hul Erfenisjaar-produksies.

De Villiers en Deon Meyer gaan dit as een deel van die program hul Karoo-suite aanbied. Daardie aand sal ook die boekbekendstelling van ’n Karoo-suiteboek wees met Meyer se foto’s, ’n album en die teks ingesluit. Net ’n beperkte aantal van die boeke sal beskikbaar wees. Elkeen sal genommer en onderteken wees. Die geld sal gaan vir beurse vir behoeftige leerlinge.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.