Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Corlea gaan kinderhuis met konsert steun

Die sangeres Corlea Botha en die voorkomskonsultant Elzaan van der Merwe gaan Saterdag ’n aanlyn konsert aanbied om geld vir die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle, Limpopo, in te samel.

Corlea Botha Foto: Francois Olivier Photography

In ’n verklaring sê Botha en Van der Merwe hulle bied Hartklop van ’n vrou aan omdat die kinderhuis die afgelope paar maande “swaar gebuk” gaan onder die finansiële implikasies van die nasionale staat van inperking.

Botha sê die kinderhuis lê haar baie na aan die hart – dit is hoekom sy ingestem het om een van hul beskermers te wees.

“Ons hoop dat ons met dié vertoning nie net ’n finansiële bydrae aan die kinderhuis kan maak nie, maar ook ons land se vroue kan bemoedig gedurende hierdie beproewende tye van die Covid-19-pandemie.”

Van der Merwe, ook een van die kinderhuis se beskermers, sê die emosionele welstand van kinders en vroue lê haar ook baie na aan die hart. “Dit is regtig ’n voorreg om te weet dat ons met dié konsert nie net hopelik vroue se harte kan aanraak nie, maar ook dié van die personeel en kinders by die kinderhuis.”

’n Kaartjie vir die vertoning kos R100 en kan op iTickets bespreek word. Kykers kan die vertoning vanaf 8 Augustus om 19:00 kyk. Dit sal tot 15 Augustus om 20:00 beskikbaar wees.

Een gelukkige kaartjiehouer sal ’n gratis voorkomskonsultasie van 60 minute, ter waarde van sowat R2 500, van Van der Merwe wen.

Lede van die publiek wat ’n skenking aan die Abraham Kriel-kinderhuis wil maak, kan die woord FONDS na 39236 SMS. Dit kos R15.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Musiek  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Corlea Botha  |  Covid-19  |  Kinderhuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.