Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Cyril wens Soweto Gospel Choir geluk met Grammy

Pres. Cyril Ramaphosa het die Soweto Gospel Choir Maandag gelukgewens met hul oorwinning by vanjaar se gesogte Grammy-geleentheid.

Die Soweto Gospel ChoirFoto: Twitter

Die koor het die Grammy-prys vir beste wêreldmusiek-album by die spoggeleentheid in Los Angeles in Amerika opgeraap vir hul album Freedom.

Die bekroonde album, wat heelwat vryheidstrydliedjies bevat, is in Junie 2018 opgeneem as deel van die groep se eerbetoon aan oudpres. Nelson Mandela met die land se 100-jaar-Mandelaviering.

Dis die koor se derde Grammy wat hulle huis toe neem nadat hulle al vyf keer in dieselfde kategorie benoem is. In 2007 en 2008 het die koor ook die prys vir beste tradisionele wêreldmusiekalbum ontvang.

Ramaphosa bedank die groep op Twitter dat hulle Suid-Afrika se naam altyd hoog hou en die land se storie aan die wêreld vertel.

Terwyl duisende Twitter-gebruikers ook die koor lof toeswaai, gebruik verskeie ander die president se twiet om te kla oor Eskom en die kragonderbrekings wat in Suid-Afrika plaasvind.

Ander wou hê dat die president van sy ministers ontslae moet raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.