Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Danie Marais pols nou skrywers oor hul musieksmaak op RSG

Die digter en musiekskrywer Danie Marais is die nuwe aanbieder van die reeks Skrywers en musiek op RSG.

Hy bied Donderdag sy eerste episode aan in die reeks wat oorspronklik die skrywer Harry Kalmer se konsep was.

RSG
Danie Marais Foto: Nardus Engelbrecht

Kalmer moes weens gesondheidsredes aan die reeks onttrek.

Skrywers vertel in die reeks oor die musiek waarna hulle luister, wat hulle inspireer en watter musiek ’n rol in hul lewe speel.

Kalmer het in die eerste episode met die skrywer Kleinboer gesels.

Kobus Burger, uitvoerende regisseur van drama by RSG, het in die tweede episode met SJ Naudé gesels.

Donderdag – in die derde episode – is Marais aan die woord en sy eerste gas is Chase Rhys, bekend om sy boek Kinnes, wat ook vir die verhoog verwerk is.

“Magdaleen Kruger (RSG-stasiebestuurder) het my genader,” sê Marais, wat bekend is om digbundels soos Al is die maan ’n misverstand en sy musiekrubriek op Netwerk24.

“Ek is baie bly om hieraan te kan deelneem, maar dit was nie my konsep nie. Dit is egter iets waarin ek baie belang stel.”

Marais gesels in die reeks onder andere ook met Annie Klopper en Kerneels Breytenbach.

“Ek sien uit na die gesprek met Kerneels. Ek het met sy musiekrubrieke grootgeword, ek het hulle uitgeknip. Hy het ook dikwels obskure musiekverwysings in sy boeke wat ’n mens dalk nie dadelik sal snap nie.”

Marais beplan ook om met die skrywer Ingrid Winterbach en die digter Jolyn Phillips te praat.

“Mense is baie emosioneel geheg aan hul musiek,” sê Marais.

“Hulle is eintlik reeds diep in gesprek wanneer hulle hieroor met jou begin gesels.”

* Skrywers en musiek word Donderdae om 20:30 op RSG (100 tot 104 FM) uitgesaai.

Meer oor:  Musiek  |  Boeke  |  Danie Marais  |  Rsg  |  Skrywers  |  Radio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.