Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Davel skitter weer met haar ‘diamante’ op verhoog
Anna Davel

Anna Davel het nou wel nie Shirley Bassey se stem nie, maar sy weet hoe om haar treffers met dieselfde intensiteit en rou eerlikheid te vertolk.

Dit het Davel telkens in haar suksesvolle vertoning “Diamonds are forever” bewys wat sy in Februarie gaan herhaal wanneer sy ten bate van die welwillendheidsprogram Link2Grow in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow optree.

Treffers soos “And I Love You So”, “Kiss Me, Honey, Honey”, “Diamonds are For­ever” en “Never, Never, Never”, deur Jaconell Mouton verwerk en met haar voor die klavier, behoort enige luisteraar met nostalgie te vul of bloot met ’n verwondering van die gawe van mooi sang.

Bassey, ’n Wallieser van geboorte, het al op skool ’n stem gehad wat niemand kon ignoreer nie. In die koorperiode is sy in die gang laat staan omdat sy die res van die koor doodgesing het.

Nadat ’n impresario haar talent raakgesien en ’n platekontrak gereël het, is haar eerste treffer, “The Banana Boat Song”, opgeneem. Nog treffers het gevolg en ses dekades lank het sy boaan trefferlyste geboer. In 1977 het sy die Brit-prys vir die beste Britse vrouesolosanger oor 25 jaar gekry en in 2000 die titel Dame van die Orde van die Britse Ryk.

Die liedere wat haar stem verder verewig het, is dié vir die James Bond-flieks Goldfinger, Diamonds Are Forever en Moonraker.

Davel se ster het in 1997 die eerste keer geskyn toe sy die ATKV-Crescendo-kompetisie gewen het. Daarna het sy haar by die gewilde a cappella-groep Cutt Glas aangesluit en in 2003 op ’n sololoopbaan besluit, waarmee sy steeds sukses behaal.

Haar liedjies, waarvan sy die meeste self skryf, is in nege albums en ’n DVD opgeneem. Die bekendste teaterproduksie waarin sy opgetree het, is sekerlik die onvergeetlike Afri-Frans.

Nog “diamante” in haar program is “Where Do I Begin”, “How Do You Keep the Music Playing?” en “I Am What I Am”.

* 8 Februarie 19:00 vir 19:30, Hugo Lambrechts-ouditorium. Die kaartjies kos R180 by Quicket.

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.