Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
De Priester wil mens en dier met konserte seën

Die sanger Jak de Priester bied vandeesweek drie konserte ten bate van die Lucky Lucy-stigting vir weggooidiere in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, noord van Kaapstad, aan.

Dit is deel van sy “Kersfees vir Blikkiesdorp”-konsert wat hy twee jaar gelede begin het.

Jak de Priester

“Ek het dit aanvanklik ‘Gee jou hart vir liefde’ genoem, maar ek het die naam verander,” sê De Priester wat Dinsdag tot Donderdag hier optree.

“Gaste van die konsert bring geskenke vir die diere en ’n deel van die kaartjieverkope gaan ook aan hulle. Dit bring verligting vir Desember en Januarie. Die organisasie word ook by die konsert verteenwoordig en die ingesamelde artikels word aan hulle oorhandig.”

De Priester bied vanjaar ’n tweede keer die konsert ten bate van die Lucky Lucy-stigting aan.

Die “Kersfees vir Blikkiesdorp”-konsert bied hy vanjaar ’n derde keer vir minderbevoorregte kinders in Blikkiesdorp in Krugersdorp aan die Wes-Rand aan. Hy bied dit op 8, 11 en 12 Desember in die Blou Hond-teaterrestaurant in Pretoria aan.

“Dit is die insameling van Kersgeskenke vir minderbevoorregte kinders wat in Blikkiesdorp woon.”

Hy sing al sy bekende musiek, “en ek toets ook ’n paar nuwe liedjies op die gehore uit”.

“Ek praat oor die organisasies vir wie die konserte gehou word en ons kyk ’n bietjie terug op die afgelope jaar. Verlede jaar is ongelooflik baie geskenke vir die kinders en die diere ingesamel.”

  • Die konsert in Die Boer duur van Dinsdag tot Donderdag. Besoek dieboer.com of bel 021 979 1911 om te bespreek.
  • Besoek casatoscana.co.za of bel 012 348 8820 om vir die konsert in Die blou hond te bespreek.
Meer oor:  Jak De Priester  |  Liefdadigheid  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.