Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Demi Lee en Ivan is steeds vriende

Sy het daarvan gedroom om voor ’n stampvol saal of stadion te sing.

Vrydagaand het dit vir Demi Lee Moore (28) van Durbanville ’n werklikheid geword.

Sy is as die wenner van die Via-reeks Die kontrak aangewys en het haar liedjie, “Mis Eet Slaap Herhaal”, voor die stampvol Sun Arena in Menlyn, Pretoria, gesing as deel van die Afrikaans is Groot-konsertreeks.

Demi Lee Moore, wenner van Die Kontrak. Foto: Deaan Vivier

“Hierdie kom nou al jare. Toe hulle my naam roep het ek net daarop gefokus, want ek het nog net daarvan gedroom. Ek het nog nooit voor soveel mense gesing nie,” het sy met trane van blydskap gesê.

Sy kon nie sê hoe sy voorberei het om voor die stampvol teater te sing nie, maar meen gebede het haar gedra.

“Ek weet nie. Ek het so baie gebid deur die loop van Die kontrak. Ek het elke dag vir myself gesê ek kan net my beste gee en as ek dit doen, is dit nie meer in my hande nie.”

Die kontrak het haar die geleentheid gegee om te leer en haar vaardighede te slyp, maar ook om talle nuwe vriende te maak.

Die kontrak was ongelooflik. Die mense het uit hul pad gegaan om die beste uit ons te bring en ons te verfyn om kunstenaars te word soos wat ons wil wees. Ek kan nie genoeg dankie sê nie, want almal is aan jou kant hier en wil hê jy moet goed doen. Dit was ongelooflik juis omdat ek ongelooflike vriende gemaak het. Vriende wat ek vir die res van my lewe gaan hê,” het sy gesê.

Sy is vol lof vir haar mentor, Monique Steyn.

Demi Lee was in trane nadat sy van die verhoog afgestap het ná haar eerste optrede by Afrikaans is Groot wat Vrydagaand in die Sun Arena in Pretoria aangebied is. Foto: Deaan Vivier

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir Monique nie. Sy is ’n ongelooflike mens. Sy is iemand wat jou bystaan en ondersteun vir elke liewe stukkie van die pad. Toe hulle my naam roep, kon ek nie eens vir haar ’n druk gee nie. Hulle het onmiddellik die mikrofoon in my hande gedruk en verhoog toe gestuur, maar ek wil haar nou omhels.”

Steyn het voor die aankondiging gesê sy is ongelooflik trots op Moore.

“Dit voel amper onwerklik om vanaand hier te staan, by die finaal. Ek is so ongelooflik trots op wat die deelnemers in sulke kort tyd en onder soveel druk vermag het,” het Steyn gesê.

Al het sy net enkele ure se slaap die laaste paar dae gekry, beplan Moore om haar sege behoorlik te vier.

“Ek het drie dae laas geslaap, maar ek weet nie. Ek dink ek kort ’n glas wyn,” het sy verheug gesê.

* Die episode oor Vrydag se aankondiging word Woensdag om 20:00 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Monique Steyn, mentor van Demi Lee Moore, agter die verhoog by die Afrikaans is Groot-konsert. Foto: Deaan Vivier
Ivan Roux (28) is die naaswenner. Foto: Deaan Vivier
Monique Steyn, Demi Lee Moore se mentor, wens Demi Lee geluk. Foto: Deaan Vivier
Bobby en Karlien van Jaarsveld wens Demi Lee Moore geluk.Foto: Deaan Vivier
Meer oor:  Demi Lee Moore  |  Pretoria  |  Sun Arena  |  Die Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.