Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Die Cat kom weer

Die nuwe datums en lokale van Yusuf Islam/Cat Stevens se eerste toer in Suid-Afrika in November is nou bekend. Dit volg nadat die aanvanklike openingsdatum vir besprekings uitgestel is.

Cat Stevens

Intussen het die optreedatums en sommige lokale ook verander. Dié Brits-gebore sanger se optredes is nou op 8 November in Johannesburg, op 11 November in Kaapstad en op 15 November in Durban met sy Peace Train-toer wat sy 50 jaar in die musiekbedryf vier.

Aanhangers van dié kunstenaar, met ’n loopbaan van vyf dekades (ingesluit as Yusuf Islam), sal Maandag (7 Augustus) vroeg moet roer wanneer besprekings om 09:00 by Computicket en Webtickets vir hierdie vertonings oopmaak.

Dit is nou wel die sanger se eerste toer, maar dit is nie sy eerste keer in Suid-Afrika nie. Met die 46664-konsert op 29 November 2003 in Groenpunt, Kaapstad, het hy “Wild World” saam met Peter Gabriel, sy voormalige sessiespeler, gesing. Hoewel ’n Cat Stevens-liedjie, het hy toe as Yusuf Islam opgetree, ten bate van oudpres. Nelson Mandela se geldinsamelingsprojek om bewustheid van MIV/vigs te skep.

Vir vanjaar se Peace Train-toer word die kunstenaar as Cat Stevens en Yusuf aangedui. Dit is ’n herdenkingskonsert – dit is 50 jaar sedert sy debuutalbum, Matthew & Son, wat verskeie treffers opgelewer het, in 1967 uitgereik is.

Die konsert sal bekende liedjies soos “Wild World”, “Moonshadow”, “Father and Son”, “Peace Train” en “Morning Has Broken” insluit, asook musiek van Yusuf se jongste album, Tell ’Em I’m Gone.

Vir die Kaapstad-konsert moet mense by Webtickets bespreek en vir die ander twee optredes by Computicket.

Die optredes se kaartjiekoste wissel tussen R450 en R1 200.

In Kaapstad tree hy in die Kirstenbosch Botaniese Tuin op waar die koste R850 beloop. Dit is die enigste koste hier, siende dit net algemene toegang behels. In Johannesburg word die konsert in die TicketPro Dome aangebied waar die kaartjies van R1 200, R1 000, R850, R650 tot R450 wissel en in Durban by die ICC-arena met kaartjies van R1 200, R850, R650, R550 en R450.

Meer oor:  Toer  |  Musiek  |  Cat Stevens  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.