Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Die Kontrak: Kyk weer na die groot oomblik!

Kyk weer hoe Demi Lee Moore (28) van Durbanville Vrydagaand as die wenner van die Die Kontrak , VIA (DStv-kanaal 147) se musiektalentkompetisie, by die eerste Afrikaans is Groot-megakonsert van 2018 by die Sun Arena, Pretoria aangekondig is. Dié episode word egter eers op Woensdag 28 November om 20:00 op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai.

Demi Lee Moore het ’n platekontrak van R1 miljoen by Coleske Artists losgeslaan.

Die top-twee van Die Kontrak- se musiekvideo’s is die afgelope week amptelik vir die eerste keer gewys op Die Kontrak. Die musiekvideo’s vir Demi Lee Moore se “Mis eet slaap herhaal” en Ivan Roux se “Daai ding” kan nou eksklusief op die JOOX-app gestroom word. Die top-twee se albums is tans landwyd op die rakke van Musica-winkels beskikbaar.

Nuwe episodes van Die Kontrak word elke Woensdag om 20:00 op VIA uitgesaai met heruitsendings op Vrydae om 19:00, Saterdae om 21:00 en Sondae om 18:00. Die JOOX-app is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.

Meer oor:  Die Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.