Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Die Kontrak’ tel af: Top-24 reeds genader

Bykans 2 000 aspirantsangers wag nou in spanning om te hoor of hulle ’n kans gaan kry om vir ’n platekontrak mee te ding. Dít met die hoop om as die volgende groot Afrikaanse sanger gekroon te word.

Die kontrak begin in September op VIA (DStv-kanaal 147).Foto: VIA

Inskrywings vir VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe televisiereeks, Die Kontrak, het Saterdag 30 Junie om middernag gesluit met altesaam 1 976 oudisievideo’s wat in Junie op Facebook, Instagram, Twitter en die NetNuus-app ontvang is.

VIA-kykers sal egter moet wag tot die eerste episode van Die Kontrak, wat eers in September op die Afrikaanse leefstylkanaal begin, om uit te vind wie die topagt-finaliste is.

Die top-24-finaliste is egter vanaf dié week reeds deur Coleske Artists genader.

Die mentors: Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Monique Steyn en Tarryn Lamb. Foto: VIA

Die mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn, en Dewald Wasserfall – moet dan uit dié 24 sangers elkeen twee finaliste kies wat dit vir ’n platekontrak van ’n miljoen rand met Coleske Artists moet uitspook.

“VIA en Coleske Artists is omtrent stomgeslaan deur die hoeveelheid inskrywings vir Die Kontrak. Ons is nog meer beïndruk deur die gehalte van die sangtalent daarbuite,” sê Izelle Venter, VIA-kanaalhoof.

“Dit gaan beslis vir ons vier mentors ongelooflik moeilik wees om net agt finaliste te kies. Hier kom heerlike kykgenot!”

Arnold Coleske van Coleske Artists voeg by: “Ons is absoluut oorweldig deur die diversiteit van die talent. Dit was baie moeilik om by ’n top-24 uit te kom, maar ons voel ons het afgekom op ’n groep deelnemers wat uniek en uitsonderlik talentvol is. Ons sien met opwinding uit na die strawwe kompetisie!”

Die Kontrak sal deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word.Foto: VIA

Die Kontrak sal deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word.

Die agt finaliste sal week ná week deur ’n kennerpaneel uitgekyk word, bestaande uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha, asook Barry Pretorius, regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte.

Die wenner van Die kontrak word op 23 November by die jaar se eerste Afrikaans is Groot-konsert aangekondig. Die wenner sal ’n platekontrak by Coleske Artists en ’n pasklaarloopbaan losslaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.