Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Dié trio verdien ’n bravo!

Daar is 1 001 redes waarom Beethoven ’n tydlose meesterkomponis is. Sy Trio in B-mol majeur, op. 11 is een daarvan. Dit is allermins sy grootste werk, maar ná Alexander Zemlinsky se Trio vir klavier, klarinet en tjello in D mineur, besef ’n mens opnuut hoe uitsonderlik begaafd Beethoven was.

Danré Strydom Foto: Argief
Ben Schoeman Foto: Argief
Anmari van der Westhuizen Foto: Argief

Dit verg egter van begaafde musici om so ’n meesterstuk meesterlik uit te voer en dit is presies waarmee die Odeion-gehoor Donderdagaand bederf is.

Ben Schoeman (klavier), Danré Strydom (klarinet) en Anmari van der Westhuizen (tjello) het met onberispelike tegniek, navolgenswaardige ensemble-spel en wel oorwoë musikale integriteit in al vier werke op hul program hul status as die room van die land se musici bevestig.

Die eerste, Zemlinsky, wat ’n spektrum van wisselende emosies bevat, hoewel dit as komposisie nie regtig uit die wegspringblokke kom nie.

Toe volg Beethoven, een van die eerste komponiste wat ’n trio vir dié drietal instrumente geskryf het met die gewilde laaste deel (Allegretto) wat van 1798 luidkeels in die stadstegies gesing is. Dié Gassenhauer-melodie is die ene aansteeklike vrolikheid en is sodanig deur die trio weergegee.

Die joligheid is voorafgegaan deur ’n onthoubare hoogtepunt, die tweede beweging (Adagio) wat onomwonde met eerlike deernis vertolk is. Om dit te vermag moet die musici diep uit hul ervaring, gevoelspektrum en ’n grondige kennis van die bepaalde werk delf. Dit het al drie ewe sinvol gedoen en as ’n hegte eenheid vertolk.

Ná pouse is twee tango’s van Hendrik Hofmeyr getiteld “It takes Two” uitgevoer, eers ’n tipiese jolige tango, daarna een met ’n swaarmoedige stemming. ’n Mens vra jouself waarom die kort werke nie bekend is nie. Dalk omdat dit toegewyde musici soos hierdie verg om so iets op te diep?

’n Mens vra jouself waarom die kort werke nie bekend is nie. Dalk omdat dit toegewyde musici soos hierdie verg om so iets op te diep?

Brahms se Trio in A mineur, op. 114 word gekenmerk deur ’n deursigtiger tekstuur vir die klavier as waarvoor die komponis bekend is, wat gevolglik die klarinet- en tjelloklank kans gee om duidelik te klink.

Die stemming van al drie dele is ’n terughoudende rustigheid, behalwe vir kort energieke passasies in die laaste deel. Ook in die werk het die drie musici hul onderskeie gehaltespel laat saamsmelt om die musiek die beste moontlike behandeling te gee wat ook ’n meester soos Brahms toekom.

Groot gewag word deesdae gemaak van die uitermate hoë standaarde van klassiekemusiek-uitvoerings in Europa. Ek wil my verstout om te sê opregte uitlewing soos deur dié trio sal sekerlik ook dié oorsese gehore bevredig. Bravo aan die drie Suid-Afrikaners.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.