Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Dirk beloof ‘Sexy vi my’ by Bakgat

Die 29-jarige sanger Dirk van der Westhuizen is een van die kunstenaars wat op Sondag 29 September om 14:00 in die Bakgat in Afrikaans-konsert in die Sun Arena in Pretoria optree. Hy beantwoord ’n paar vrae:

Dirk van der Westhuizen is een van die trekpleisters van die Bakgat in Afrikaans-konsert in die Sun Arena op 29 September.

Hoe het jy in die musiekbedryf beland?

Ek was nog ’n klein laaitie toe ek geweet het ek wil eendag sing en het gereeld vir my familie konsert gehou. Direk ná matriek het ek met my sangloopbaan begin.

My loopbaan het die afgelope twee jaar groot hoogtepunte bereik en ek is baie dankbaar vir elke geleentheid.

Jy neem vanjaar deel aan die Bakgat in Afrikaans-konsert. Wat kan jou aanhangers op die konsert verwag?

Dis baie amazing om in die Sun Arena op te tree. Ek was daar met Afrikaans is Groot, Krone, Sokkie is Groot en Supersokkie. Dis altyd so ’n humbling experience om al die mense op hul voete te sien en te hoor hoe hulle saam hande klap en sing.

Ek beplan om “Sexy vi my”, “Stoom”, “Gooi jou suiker op my” en “Lusmakertjie” te sing en die gehoor kan beslis ’n paar verrassings te wagte wees.

Hoe sal jy jou musiek aan mense beskryf wat dit nie ken nie?

Goed-voel-dansmusiek wat jou laat vergeet van alles in die lewe wat pla.

Wie is jou rolmodelle en waarna luister jy?

Verskeie dinge inspireer my, veral as dit ’n positiewe uitwerking op my het. Ek geniet enige musiek wat my laat goed voel.

Wat doen jy om jou battery te herlaai?

Gim help my beslis om my battery te herlaai, maar as ek nou ordentlik wil rus, is daar niks so lekker soos ’n wegbreek na die wildtuin nie.

Wat weet mense nie van jou nie?

Ek is eintlik ’n baie skaam ou.

Hoekom bly jy steeds positief oor Suid-Afrika en ons mense?

“If you loose hope and faith, you loose all.”

Hoekom moet almal in Gauteng ’n kaartjie vir die Bakgat-konsert koop?

Dis ’n groep amazing kunstenaars, almal op een verhoog, wat ’n hele klomp gunstelinge gaan sing. Wat is dan nou lekkerder as dit?

  • Kaartjies vir die Bakgat in Afrikaans-konsert kan by Computicket gekoop word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.