Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Dirk se pad met God en sy nuwe album

Hy is as hoërskoolkind geboelie. Sy ouerhuis was gebroke en hy moes sy ouers se egskeiding verwerk. Maar toe hy die Amerikaanse sanger Britney Spears op die verhoog hoor praat oor die Here, lei dit hom na God.

Dirk van der Westhuizen (29), Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, het God beter leer ken en hy vaar nou so goed dat hy binnekort ’n nuwe album uitreik saam met ’n reeks parfuum en oefenklere vir mans en vroue.

“Ek is nou ’n baie sterk mens, maar dit het my regtig lank geneem om hier uit te kom,” sê hy.

“My onophoudelike soeke na sukses was nog altyd eindeloos, totdat ek die Here ontmoet het toe ek 24 jaar oud was. Ek het toe begin doen wat God van my verwag.”

Van der Westhuizen sê hy is op ’n buitengewone manier na die Here gelei.

Dirk van der Westhuizen (29)

“Dit is eintlik snaaks, want dit was deur Britney Spears,” lag hy.

“Dit was altyd vir my verskriklik mooi hoe sy na elke konsert sou sê: ‘Dankie Jesus’. Ek het die manier waarop sy haar struikelblokke oorkom het, ook bewonder. Ek wou haar voorbeeld volg,” sê Van der Westhuizen.

“Almal het my altyd anders gesien, niemand het in my geglo nie,” sê hy. “Ek glo nou dat ’n mens nooit op iemand anders moet staatmaak om jou heel te laat voel nie.”

Van der Westhuizen is tog nederig en vergeet nie waardeur hy is om te kom waar hy vandag is nie. Hy is lief vir sy familie en onderhou sy ouers, broerskind en sy huishulp.

Hy het ook onlangs vir elkeen van sy ouers ’n nuwe huis gekoop. “Ek lewe vir ander mense,” sê hy.

Een van Van der Westhuizen se goeie vriende is die sanger Brendan Peyper, ook bekend vir sy smeulende lyf.

Die twee is baie saam in die gimnasium en Peyper beskryf Van der Westhuizen as “ ’n awesome persoon en goeie vriend”.

Peyper sê hy deel ook Van der Westhuizen se geesdrif vir die Here en die twee bid gereeld saam by mekaar se huise.

Hulle onderskraag mekaar ook omdat hul albei onder boelies deurgeloop het. Peyper sê Van der Westhuizen was daar vir hom in “ ’n baie donker tyd”.

Dirk, Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper.

“Toe Dirkie verjaar het, het ek hom gebel en vir hom gesing,” sê Peyper.

Peyper het ook al na van die liedjies op Van der Westhuizen se nuwe album, Stoom, geluister, al was sy oefenmaat geheimsinnig oor die meeste van die album se inhoud.

Stoom sal op 10 Junie landswyd beskikbaar wees, en Van der Westhuizen sê aanhangers kan min of meer dieselfde tipe styl van sy snitte verwag.

Op 8 Junie vanjaar is Van der Westhuizen te sien op die Afrisaam-fees waar hy van sy nuwe liedjies sal sing. Ander ou bekendes sal ook by die fees te sien wees, onder andere Peyper, asook Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld en ander kunstenaars.

Meer oor:  Dirk Van Der Westhuizen  |  Brendan Peyper  |  Britney Spears  |  Album  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.