Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Dís 2020 se gewildste Afrikaanse liedjies op Spotify

As jy gewonder het na watter Afrikaanse liedjies musiekliefhebbers vanjaar die meeste geluister het, het Spotify vir jou ’n antwoord.

Die musiekstromingsdiens, wat soos ander stromingsdienste nie aldag oop kaarte oor sy syfers speel nie, het Dinsdag sy jaarlikse Wrapped-syfers bekend gemaak, wat die mees gestroomde liedjies op die platform in talle kategorieë saamvat.

Een van dié kategorieë is die gewildste Afrikaanse kunstenaars en die meestal Afrikaanse liedjies wat die meeste vanjaar gestroom is – die top-10 word in die grafika hieronder vervat.

“Swart vere” van Spoegwolf beklee die boonste plek op die ranglys, terwyl “Pens en pootjies” deur Snotkop en “Land en sand” deur Bok van Blerk onderskeidelik die tweede en derde plek beklee.

Dit is nie bekend hoeveel keer dié liedjies spesifiek vanjaar op die platform gestroom is nie.

Chris von Wielligh, Spoegwolf se kitaar- en klavierspeler, sê aan Netwerk24 dié prestasie is vir die groep “amazing”.

“Ons is altyd baie dankbaar dat mense ons musiek luister. ‘Swart vere’ is die single op ons jongste album, Wind, wat ons in lockdown opgeneem en op 1 September uitgereik het.”

Ook Snotkop was uit die veld geslaan oor die nuus. “Ek is aangenaam verras dat ‘Pens en pootjies’ in die top-10 is!” sê hy aan Netwerk24.

“Dit is alles te danke aan al my ondersteuners daarbuite wat dit so stukkend luister! Dankie aan elkeen van hulle!”

Afrikaanse kunstenaars en liedjies pryk ook op heelwat van die ander ranglyste wat Spotify uitgereik het. Spoegwolf, Snotkop, Bok van Blerk en Appel is vanjaar aangewys as onderskeidelik die vierde, agtste, negende en tiende gewildste Suid-Afrikaanse kunstenaars (van alle tale) op die platform.

Early B het met sy liedjie “Ben Ten” ook die top-10 gehaal in die kategorie vir beste Suid-Afrikaanse hiphop-kunstenaars.

In die kategorie gewildste Suid-Afrikaanse liedjies (oor alle tale heen) beklee Elaine met “You’re the One” die boonste plek, terwyl Master KG en Nomcebo Zikode se wêreldbekende en aansteeklike “Jerusalema” slegs vyfde op dié ranglys is.

Dié liedjie, wat tot die wêreldwye #JerusalemaDanceChallenge gelei het, is wel sedert verlede jaar meer as 105 miljoen keer op Spotify gestroom.

Besoek https://open.spotify.com/genre/2020-top-music om al die kategorieë, insluitende dié wat op Suid-Afrikaanse musiek fokus, te lees.

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Juanita Du Plessis  |  Nomcebo Zikode  |  Master Kg  |  Early B  |  Jerusalema  |  Appel  |  Elaine  |  Steve Hofmeyr  |  Kurt Darren  |  Demi Lee Moore  |  Die Heuwels Fantasties  |  Spotify  |  Spoegwolf  |  Snotkop  |  Musiek  |  Bok Van Blerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.