Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Dokkie wys hoe musiek SA se mense kan verenig

’n Nuwe dokumentêre rolprent deur National Geographicvertel die verhaal van twee musikante in Suid-Afrika van verskillende agtergronde en hoe musiek hulle op die ou einde saambring.

Die plakkaat vir die nuwe doku­mentêre rolprent An Unfinished Symphony, wat vanaf 22 Mei op YouTube te sien is.

An Unfinished Symphony, in samewerking met die Nobelprys vir vrede, word Vrydag op You­Tube bekend gestel en volg die lewe van Tsepo Pooe en Lize Schaap, lede van die Music is a Great Investment (Miagi)-orkes.

Pooe, ’n tjellis, het grootgeword in Soweto, terwyl Schaap, ’n violis, grootgeword het in Waterkloof, Pretoria.

“Deur hul oë en verskillende ervarings van grootword in Suid-Afrika verstaan ons die reuse-impak wat die skeidslyn tussen rasse steeds het, maar ons sien ook hoop vir ’n helder toekoms vir die land,” lui ’n verklaring wat onlangs oor die dokumentêr uitgereik is.

Die rolprent is deel van ’n reeks kort dokumentêre rolprente met die Oscar-bekroonde Orlando­ von Einsiedel as regisseur. Dié reeks is in samewerking met die Nobelprys gemaak en elke rolprent vier die nalatenskap van vorige wenners van die Nobelprys vir vrede. In die konteks van An Unfin­ished Symphony word oudpres. Nelson Mandela se nalatenskap gevier.

Robert Brooks, uitvoerende direkteur van Miagi, sê die rolprent is visueel pragtig en eersteklas. Miagi is ’n organisasie sonder winsbejag wat geleenthede aan jong Suid-Afrikaners bied om hul vooruitsigte te verbeter met musiekonderrig. Die orkes bring jong musikante uit alle dele­ van die land bymekaar waar hulle saam musiek maak. ’n Belangrike deel van Miagi is om maatskaplike samehorigheid te bevorder.

Brooks sê musiek is beslis ’n goeie manier om mense van oor die land heen bymekaar te bring. “Daar is niks groters as musiek om mense saam te bring nie. Die orkes bestaan uit 90 mense van verskillende agtergronde. Sodra die dirigent sy dirigeerstok oplig en hulle begin saam speel, is hulle afgesluit van enige denke van rassisme, want die musiek is so intensief.”

Dis belangrik dat Suid-Afrikaners na dié rolprent kyk, veral te midde van die huidige krisis wat die virussiekte Covid-19 meebring.

Hy sê dis belangrik dat Suid-Afrikaners na dié rolprent kyk, veral te midde van die huidige krisis wat die virussiekte Covid-19 meebring.

“In dié tyd word ons in hoeke ingedruk deur politici. Daar is jong politici wat Mandela se boodskap probeer verswyg, maar die rolprent bewys heeltemal iets anders. Die rolprent is baie positief en dis ’n merkwaardige verhaal.”

Hy sê Mandela se boodskap is iets wat deur die hele rolprent op die agtergrond bespeur kan word.

Brooks sê die rolprent gaan vir miljoene mense oor die wêreld heen te sien wees en dit is ’n positiewe boodskap wat in die wêreld ingestuur word.

“Afgesien van al die negatiewe nuus en die werklikheid dat ons nog nie ’n ring-a-ring-a-roses-samelewing is nie, wys dit dat ons probleme het en dat ons daaraan werk.

“Dit is ’n positiewe boodskap dat mense op die grond aan daardie probleem werk.”

Von Einsiedel, regisseur van die rolprent, is ook die regisseur van The White Helmets, ’n Oscar-bekroonde dokumentêre rolprent oor burgerlike reddingswerkers in Sirië in 2016. Dié rolprent is ook benoem vir twee Emmy-toekennings.

) An Unfinished Symphony is vanaf Vrydag 22 Mei te sien op National Geographic se amptelike YouTube-kanaal.

Meer oor:  Musiek  |  Verenig  |  Musikante  |  National Geographic  |  Rassisme  |  Dokkie  |  An Unfinished Symphony
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.