Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Dozi betaal ontevrede aanhangers se geld terug

Dozi’s Back to the Roots, die sanger Dozi se kuierplek op ’n stuk grond in Rietfontein, Hartbeespoort, kry die wind van voor op sosiale media nadat aanhangers wat Sondag ’n konsert daar wou kyk, glo ure lank in die son moes wag.

Meer as 2 000 mense sou die konsert deur Dozi en Jo Black kyk, maar weens logistieke probleme het baie van hulle erg ongeduldig geraak. Van hulle beweer hulle het amper twee uur lank gewag. Hulle het hul misnoeë op Dozi’s Back to the Roots se Facebook-blad laat blyk.

Isabel de Beer sê op die blad dit was ’n teleurstellende ervaring.

’n Stampvol Dozi’s Back to the Roots in Hartebeespoort met Jo Black en Dozi se optrede. Foto: Facebook

“Jammer, Dozi, maar ons sal nie weer probeer om jou vertonings by te woon nie. Dit was ’n mors van tyd en ’n groot teleurstelling! Ons het ook meer as ’n uur lank in die son in ’n tou gestaan wat nie beweeg het nie,” skryf sy.

Dozi, wie se regte naam Henk Opperman is, het op navraag gesê hy vra om verskoning vir die ongerief.

“Dit is die eerste keer wat so iets in ses jaar gebeur en dit was vir my en Kim (Viljoen, sy verloofde) hel gewees. Ek vra hartlik om verskoning, maar daar is niks wat ek kon doen nie. Ek het naderhand die deure oopgemaak dat almal kan inkom. Die mense wat die vertoning gekyk het, sê hulle het dit baie geniet,” sê hy.

Dozi sê hy het met mense by die vertoning gepraat wat toe gevra het om eerder ’n ander konsert te kyk as om hul geld terug te kry.

Dozi het op die verhoog om verskoning gevra vir almal. Ek was nie ontevrede met enigiets nie. Shame, dit was dalk net omstandighede wat nie vermy kon word nie.
Cameron-Jane Theron

Hy skat sowat 2 400 mense het die konsert gekyk.

“Dit is ook moeilik, want nou kan elke mens vir hulle geld terugvra. Ek het vir sommige mense net daar terugbetaal, maar dit was nie lekker nie. Daar was al omtrent 4 000 mense hier vir ’n show en ons moes toe ekstra fasiliteite inrig, maar dit is lekker, want die reaksie na die konserte is altyd goed,” sê hy.

Flagship Productions, wat Jo Black se publisiteit hanteer, sê in ’n verklaring hulle vra om verskoning vir enige ongerief, al was hulle “geensins by die beplanning of die logistieke reëlings van die dag betrokke nie”.

“Ons innige dank aan elke persoon wat Jo Black se vertoning gister, 26 Augustus, by Dozi’s Back to the Roots ondersteun het. Na aanleiding van almal se kommentaar op Facebook en ander sosialemediaplatforms oor die swak organisasie, veral die besprekings en probleme om toegang te kry, wil ons graag die volgende op rekord stel: Jo is slegs bespreek deur die organiseerders en was geensins betrokke by die beplanning of die logistieke reëlings van die dag nie. Jo Black en sy bestuur wil graag om verskoning vra vir die ongerief,” lui die verklaring.

Daar was egter nie net slegte kommentaar nie.

Cameron-Jane Theron sê dit was nie vir haar ongerieflik nie, al het sy bykans twee uur lank in die ry gestaan.

Sy sê Dozi het op die verhoog om verskoning gevra vir enige ongerief.

“Om eerlik te wees, dit was chaos tot so 13:00 se kant, maar almal het ingekom. Dozi het op die verhoog om verskoning gevra vir almal. Ek was nie ontevrede met enigiets nie. Shame, dit was dalk net omstandighede wat nie vermy kon word nie. Dit was my eerste keer daar en die mense saam wie ek daar was het vir my gesê dis nie altyd so chaoties nie. So ek sal beslis weer teruggaan.”

Meer oor:  Dozi  |  Konsert  |  Celebs  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.