Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Drake kletspraat Beatles van die rekordlys af

Die Kanadese rapper Drake se nuwe album Scorpion met sewe liedjies op die trefferslys het in sy eerste week ná vrystelling The Beatles se rekord van vyf treffers op die Billboard Hot 100-lys oortref.

Drake Foto: Richard Shotwell/Invision/AP

Drake se sewe liedjies op die trefferslys, gelei deur “Nice for What”, het die rekord wat The Beatles op die piek van dié Britse groep se gewildheid in 1964 opgestel het, verbeter.

Scorpion is die eerste album wat al ’n miljard keer in sy eerste week aanlyn geluister is en wat sy debuut op nr. 1 op die Billboard 200-lys vir albums gemaak het.

Republic Records, Drake se platemaatskappy, sê dié 31-jarige musikant, wat die beste verkoper in 2016 was, is die eerste kunstenaar wie se album binne die eerste week van vrystelling meer as ’n miljard keer op alle aanlynplatforms geluister is.

Die vorige rekord was byna 700 miljoen wat in Mei deur Post Malone, ’n Amerikaanse rapper, se beerbongs & bentleys opgestel is.

Volgens data deur Nielsen Music het Drake se dubbelalbum teen Maandag die afgelope week al 731 000 kopies in Amerika verkoop, wat dit die beste verkoper in 2018 tot dusver maak.

Die Billboard 200-lys tel verkope van albums, liedjies (tien liedjies is gelyk aan een album) en die aanlyn stroming van albums en enkelsnitte (1 500 luistertalle is gelyk aan een album).

Scorpion het die aandag gaande gehad met sy vrystelling op 29 Junie omdat Drake gissings bevestig het dat hy pa geword het, maar nie die ma se naam bekend gemaak het nie.

Stromingsdienste het in 2017 die opnamebedryf se grootste enkele inkomstebron geword en die verkope van albums en die aflaai van liedjies verbygesteek.

Rap het rock in 2017 ook amptelik as die grootste musiekgenre in Amerika oortref. – Reuters

The Beatles. Foto: Pixabay

Meer oor:  Drake  |  Beatles  |  Rekord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.