Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Drie orreliste gedenk Reger
Luzanne Eigelaar
Jan Beukes (links bo) en Eljee du Plooy.

’n Orreluitvoering ter viering van die komponis, orrelis en dirigent Max Reger se dood 100 jaar gelede, sluit ook werke van ander komponiste in, onder meer ’n belangrike stuk van Bach om sy invloed op Reger se werk te toon.

So vertel Jan Beukes, hoof van die Odeion Skool vir Musiek (OSM), wat die konsert saam met Eljee du Plooy en Luzanne Eigelaar aanbied. Beukes is die hoof van die OSM en ook orreldosent onder wie Du Plooy en Eigelaar studeer.

Die uitvoering begin met Buxtehude se Tokkate in D mineur en Pachelbel se Chaconne in F mineur.

Die Barokmeester Bach se Prelude en Fuga in C mineur word net voor twee komposisies van Reger uitgevoer, sy Variasies en Fuga op Heil dir im Siegerkranz en Koraalfantasie op Ein feste Burg ist unser Gott, op. 27.

Du Plooy is tans ’n Ph.D.- en Eigelaar ’n M.Mus.-student, albei in orreluitvoering. Eigelaar gee ook musiekteorie en klawerbordvaardighede vir diplomastudente aan die OSM.

  • Albei orreliste het talle voorgraadse en nagraadse beurse ontvang. Du Plooy het twee keer die orrelkategorie van die ATKV-Muziq gewen en in 2011 was Eigelaar die naaswenner in Unisa se studiebeurskompetisie. Bach tot Reger: 4 Augustus om 19:30 in die Sacred Heart­-katedraal, St. Georgestraat 91, Bloemfontein. Gratis.

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.