Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Duffett die solis in Huberte Rupert-gedenkkonsert
Michael Duffett

Die Suid-Afrikaanse violis Michael Duffett gaan die solis in die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) se Huberte Rupert-gedenkkonsert wees.

Die KFO lig jaarliks met die gedenkkonsert sy hoed vir Rupert, wat in haar leeftyd ’n filantroop en groot ondersteuner van die kunste was. Rupert, wat in 2005 in die ouderdom van 85 oorlede is, sou vanjaar haar 100ste verjaardag gevier het.

Met sy optrede sluit Duffett hom by ’n lang lys roemryke Suid-Afrikaanse musici aan – soos die violiste Pieter Schoeman, Sarita Oeranofski, Avigail Bushakevitz en die pianis Kathleen Tagg – wat voorheen uit die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer het om as solis in die gedenkkonsert op te tree.

Duffett, wat eens ’n student van Jack de Wet was en pal kompetisies in Suid-Afrika gewen het, bevind hom tans in Boston, Amerika, waar hy ’n student van Dana Mazurkevich is en sy doktorale studie in musiek aan die Universiteit van Boston voltooi. Hy was ook voorheen ’n student van Joel Smirnoff by die Cleveland Institute of Music, en het sy magistergraad aan die Yale-universiteit onder leiding van Sijoko Aki voltooi.

Hy sal die solis in die Duitser Felix Mendelssohn se Vioolkonsert in E mineur, op. 64 wees. Mendelssohn se konsert-overture The Hebrides is saam met die Duitser Johannes Brahms se Simfonie no. 3 in F majeur op. 90 op die program.

Schalk van der Merwe, wat die vierde Len van Zyl-dirigeerkompetisie gewen het, sal die orkes lei.

  • Die Huberte Rupert-gedenkkonsert vind op 29 November om 20:00 in die US Konservatorium se Endlersaal op Stellenbosch plaas. Kaartjies teen R150 (R100 vir studente en pensioentrekkers) is by Computicket beskikbaar of skakel 021 421 7695. Stuur ’n e-pos na luvuyo@cpo.org.za vir meer inligting.
Meer oor:  Musiek  |  Michael Duffett  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.