Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Duo se ‘Ro-jazz-tic’ kry ook kans in Pretoriase teater

“Gelukkig het die Pierneef-teater sy deure vir ons oopgegooi nadat die Wakkerstroom-musiekfees die tweede agtereenvolgende jaar weens die koronavirus-inperking afgestel is.”

Danré Strydom en Eugene Joubert in ’n vrolike luim tydens hul repetisie.

So sê die klarinetspeler Danré Strydom en pianis Eugene Joubert oor dié alternatiewe optreegeleentheid in Maart in Pretoria.

Hul program, Ro-jazz-tic, sluit ook liedere in met die sopraan Deidré Blignault, wat eersdaags saam met haar man na Nederland verhuis.

Strydom en Joubert se duoskap het maar onlangs posgevat. Hulle het mekaar deur die pianis Grethe Nöthling ontmoet wat saam met Joubert aan Tukkies studeer het en dikwels saam met Strydom opgetree het voordat Nöthling die Universiteit van die Vrystaat (UV) vir ’n pos aan die Universiteit van Kaapstad verlaat het.

“Ons samewerking is nie net gegrond op ons vriendskap nie. Daar vloei besonder goeie energie tussen ons en dit is asof alles reg verloop; ons speel só goed saam,” sê Joubert.

As Covid-19 nie weer ’n stokkie voor optredes steek nie, sal Joubert en die pianis Paul Ferreira saam met twee sangers ’n program van Spaanse musiek einde April in die Odeion-teater in Bloemfontein aanbied.

Terwyl Joubert in Bloemfontein is, sal hy sommer ook Bartok se Sonate vir twee klaviere en perkussie met Anneke Lamont uitvoer. Lamont is die klavierdosent aan die UV.

Joubert het aan die Universiteit van Pretoria onder die legendariese Joseph Stanford studeer waarna hy ’n MMus in kamermusiek en begeleiding aan ’n universiteit in Houston in die VSA verwerf het.

Met sy terugkeer in 2009 het hy besluit om sy musiekloopbaan te laat vaar, en het hy vir ’n sjefkursus ingeskryf.

“Ek het twee jaar lank nie aan ’n klavier gevat nie en toe tog weer lus gekry vir musiek. Dit het my lank geneem om weer op standaard te kom, maar nou gaan dit goed. Ek is glad nie spyt oor die afdraaipad nie. Ek bak gereeld koeke en vind dit goeie ontvlugting.”

Joubert gee klavieronderrig aan die St. Mary’s School in Johannesburg, en in sy vrye tyd speel hy kamermusiek en begelei musici.

Die Ro-jazz-tic-program begin met vier werke vir klavier en klarinet – Schumann se Fantasiestücke, op. 73, Joseph Horovitz se Sonatine, Rachmaninoff se Prelude in D majeur, op. 23 nr. 4 en Michele Mangani se Sonate.

Blignault sluit haar by Strydom en Joubert aan vir Schubert se bekende lied “Der Hirt auf dem Felsen, D.965” en “After you, Mr Gershwin!” van Béla Kovács.

  • Pierneef-teater in Villiera, Protoria, 27 Maart om 19:00. Die kaartjies kos R100 by info@pierneefteater.co.za of 072 460 5568.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.