Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Een van bekendste koorwerke’ in SA te hoor
Martin Berger

Die Franse komponis Maurice Duruflé se Requiem is sy mees betekenisvolle werk en word as een van die bekendste koorwerke van die 20ste eeu gereken, maar in Suid-Afrika word dit selde uitgevoer.

Die Universiteit Stellenbosch se Kamerkoor en die Schola Cantorum het egter met die dirigent Martin Berger saamgespan om dié rustige werk uit te voer. ’n Orkes bestaande uit strykers, timpani, harp en trompette word vir die geleentheid saamgestel.

Die werk word voorafgegaan deur Bach se kantate Lobet Gott in seinen Reichen, BWV 11, oftewel, die Hemelvaart-oratorium, en Sjostakowitsj se Kamersimfonie, op. 110a, wat ’n verwerking vir strykorkes is van sy Strykkwartet op. 110a.

Duruflé het die aanslag van Fauré se Requiem gevolg deur die dramatiese opera-elemente soos in Verdi en Berlioz se Requiems te vermy en die musiek kalm, rustig en vreedsaam te hou.

Nie net elemente van Fauré se komposisie is in die werk te bespeur nie, maar ook herkenbare klankbeelde uit die musiek van Debussy en Messiaen.

Die Requiem bestaan uit nege dele en is op Gregoriaanse liturgiese melodieë geskoei.

  • 28 September om 20:00, 29 September om 16:30 in die Endlerteater, Stellenbosch. Die kaartjies kos van R100 tot R140 by Computicket.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.