Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Elsenaar, Mans gaan bekoor met orrelspel
Jan Elsenaar

Die orreliste Jan Elsenaar en Martin Mans beloof ’n fees van orrelspel, veral improvisasies, op ’n blitstoer na vyf dorpe.

Elsenaar is in Nederland gebore, maar woon sedert 1985 in die Vrystaat. Mans woon steeds in Nederland, hoewel sy vol program van 250 konserte per jaar meebring dat hy meer in die buiteland is as tuis.

Elsenaar verdeel sy tyd tussen optredes en orrelbou waarvoor hy in 1989 gekwalifiseer het. Kort daarna het hy sy eie onderneming begin wat verantwoordelik is vir die instandhouding van meer as 200 pyporrels in Suid-Afrika. Elsenaar bou ook meganiese pyporrels.

Die publiek is gaande oor Elsenaar se uitvoerings van Suid-Afrikaanse volksmusiek, maar op die konserttoer is improvisasies van Psalms, die lied “Op berge en in dale”, en variasies op musiek van Saint-Saëns onder meer te hoor.

Mans was sewe jaar oud toe hy sy eerste orrelles ontvang het en op 12 is hy as die orrelis op sy geboortedorp Melissant op die Suid-Hollandse eiland Goeree-Overflakkee aangestel.

Martin Mans

Benewens orrel het hy ook koorleiding studeer en is daarna as die orrelis van die De Breepleinkerk in Rotterdam aangestel.

Sy loopbaan as uitvoerende solis het egter ’n lewe van sy eie aangeneem terwyl hy ook ’n verbysterende aantal kore afgerig het. Dit sluit ’n mannekoor in Kanada in waarvoor hy ’n paar keer per jaar na Ontario reis.

Hy tree gereeld vir radio en televisie op en pak voortdurend nuwe projekte aan.

Op Mans se program is Psalms, geestelike liedere soos “Ruwe storme” en “Amazing Grace”, asook temas van Suid-Afrikaanse werke en dié van bekende komponiste.

Buiten vir Bloemfontein is die kaartjies by die verskillende kerkkantore te kry, waarvan die telefoonnommers verstrek word.

Toerprogram:

* 12 Februarie om 19:00: NG kerk Newton, Kimberley. Bespreek by 053 832 2511.

* 13 Februarie om 19:30: Odeion-teater, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Die kaartjies kos R100 by Marianne Elsenaar, 076 241 0216, of Jackie Elsenaar, 072 226 0236.

* 14 Februarie om 18:30: NG kerk Kroonstad-Oos (met Isabel Kruger). Bespreek by 056 212 1633.

* 15 Februarie om 18:30: NG kerk Greylingstad. Bespreek by 017 778 0612.

* 16 Februarie om 18:00: NG kerk Bethlehem-Panorama. Bespreek by 058 303 4593.

Meer oor:  Vrystaat  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.