Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Elvis Blue maak sy droom waar

’n Droom is gisteraand in die Jakarandastad vir die sanger Elvis Blue verwesenlik.

“Toe ek klein was, het ek gedroom van ’n aand in Pretoria waar ek vir ’n kamer vol mense sing. Nie al jou kinderdrome word waar nie, maar vanaand wys dat sommige doen,” het hy by die bekendstelling van sy nuwe album, Stories, gesê.

Elvis Blue gisteraand by die bekendstelling van sy nuwe album in Pretoria.Foto: Deaan Viviers

Dit is sy sesde album sedert hy in 2010 as Idols-wenner aangewys is.

Dit bevat talle liedjies waarna hy as kind geluister het, soos Chris de Burgh se “Lady in Red”, Bob Seger se “We’ve Got Tonight” en Cat Stevens se “Wild World”.

Elvis sê dis die eerste keer dat hy ’n album uitreik waarop die meeste liedjies oorspronklik deur ánder kunstenaars gesing is. Die grootste uitdaging was om sy eie stempel af te druk. “Dit moes steeds outentiek wees.”

Dit is ook sy eerste album wat Afrikaanse én Engelse liedjies bevat.

Talle bekendes in die Afrikaanse vermaakbedryf het die geleentheid by die Blou Hond-teater bygewoon, onder wie Laurika Rauch, Karlien van Jaarsveld en Coenie de Villiers.

Rauch, wat twee jaar gelede saam met Elvis in ’n verhoogproduksie opgetree het, beskryf sy musiek as universeel en tydloos.

De Villiers, wat reeds voor die bekendstelling van die album daarna geluister het, sê Elvis is seker die mees onderskatte sanger in die Afrikaanse musiekbedryf.

Een van Elvis se grootste aanhangers, Michelle Ferreira (26) van Pretoria, was ook by die bekendstelling. Sy het byna al sy albums en het spesiaal ’n kaar­tjie gekoop om gisteraand se geleentheid by te woon.

“Ek is ’n juffrou en wanneer ek ’n slegte dag by die skool gehad het, luister ek eenvoudig na sy musiek en dan voel ek beter oor my dag. Sy geloof speel ook ’n groot rol in sy musiek en ek bewonder dit.”

Foto: Deaan Vivier
Foto: Deaan Vivier
Foto: Deaan Vivier
Foto: Deaan Vivier
Foto: Deaan Vivier
Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Elvis Blue  |  Pretoria  |  Vermaak  |  Celebs  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.