Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Endler-konserte weens 3de vlaag van baan

Die konsert wat die marimba-solis Magda de Vries op 19 Junie in die Endlersaal in Stellenbosch sou gegee het, is weens nuwe Covid-19-maatreëls afgestel.

Magda de Vries

Luidens ’n mediaverklaring skort die Universiteit Stellenbosch (US) ook alle ander sosiale en groepsaktiwiteite op, veral aangesien die studente-eksamens aan die einde van die eerste semester binnekort plaasvind.

Fiona Grayer, die artistieke bestuurder van die departement musiek en die konservatorium aan die US, sê die besluit is genoodsaak deur die derde vlaag van koronavirus-infeksies.

Die etensuurkonserte in die Endler is ook tydelik van die baan. Al die konserte wat in Junie hier gehou sou geword het, sal opgeneem word om later aanlyn beskikbaar gestel te word.

De Vries sou ’n uitvoering lewer van werke wat haar studiejaar aan die Tokio-musiekkollege in Japan in herinnering roep. Dit behels werke van bekende Japannese komponiste, asook musiek van Bach.

In dié stadium sal dié pelgrimstog deur musiek wel nog op 28 Junie om 12:00 in die AfriForum-teater (voorheen die Brooklyn-teater) in Pretoria plaasvind. De Vries het die uitvoering die afgelope Saterdag op die FynArts-fees in Hermanus gegee.

Teatergangers wat reeds kaartjies vir die Endlerkonsert gekoop het, sal gekontak word en die volle bedrag terugkry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.