Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ensemble Fons Partita in Sasolburg

Die Duitse komponiste Heinrich Schütz en Hermann Schein, wat die oorgang van die Renaissance na die Baroktydperk in musiek verteenwoordig, het in hul tyd die vernietigende 30-jarige oorlog in Europa beleef.

Hendri Liebenberg is een van drie tromboonspelers in die Ensemble Fons Partita wat in Sasolburg optree.

Hul werke, geskryf onder benarde omstandighede, verklank ’n palet van tydlose emosies waarby gehore in die tyd van die Covid-19-pandemie aanklank behoort te vind.

Dit is dié musiek, afgewissel met werke van Purcell, Buxtehude en Orlando di Lasso, wat die Ensemble Fons Partita onder leiding van Gerhard Benade die naweek in Sasolburg gaan uitvoer.

Die instrumente van die laat 16de eeu het oor die afgelope sowat 350 jaar in onbruik geraak en die komposisiestyle verskil dramaties. Daardie jare was daar nie sprake van gewilde simfonieë en flambojante concerto’s nie.

Schütz het wel ook musiek geskep wat tot die vroeë operas in Italië aanleiding gegee het, maar ongelukkig het geen van die partiture behoue gebly nie.

Voor die Baroktydperk, met JS Bach aan die voorpunt, was die musiek simplisties en het die teks die toon aangegee. Alles was gewyde musiek wat deur sangsoliste en kore in kerke uitgevoer is met begeleiding op die vroeë instrumente.

Om dus vandag die klank en idioom van Schütz se musiek getrou weer te gee, is moeilik, maar dit keer nie die Ensemble Fons Partita om die publiek tog daaraan bloot te stel nie.

Benade sê hul program “bied ’n blik op werke vir ’n klein ensemble bestaande uit sangers en instrumentaliste”.

Die sangers is Esté Meerkotter (sopraan), Joao Ribeiro (alt) en Richard Salmon (bas).

Die instrumentale ensemble bestaan uit Ute Smythe en Linnet Labuschagne (viool), Margot Smythe (tjello), Hilton Anspach (kontrabas), Mark Cresswell (tenoortromboon), Hendri Liebenberg (alttromboon), Jason Smythe (bastromboon) en Gerhard Benade (dulsiaan). Die dulsiaan is ’n houtblaasinstrument met ’n dubbelrietmondstuk.

Onder Schütz se werke op die program is “Also hat Gott die Welt geliebt”,Verleih uns Frieden gnädiglich” en “Erbarm dich mein, o Herre Gott”.

Van Buxtehude word die allegro uit sy Sonate in G majeur uitgevoer, van Purcell Fantasia nr. 1 in D mineur en “Evening Hymnen van Orlando di Lasso “Musica, Dei donum optimi”.

  • Die uitvoering is op 25 Oktober om 15:00 in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg. Die kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R150 en R130 vir pensioenarisse.
Meer oor:  Bach  |  Buxtehude  |  Purcell  |  Musiek  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.