Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ensemble van begaafde jong musici nou ook in SA te sien

Twee jaar gelede toe die LGT Young Soloists in die Duitse stad Dresden opgetree het, moes hulle vier toegifte speel voordat die gehoor bereid was om hulle te laat gaan.

Einde verlede jaar het dié kamer-ensemble sy buiging in niks minder nie as die Berlynse Filharmonie en Hamburg se Elbphilharmonie gemaak.

Dié puik groep is op pad na Suid-Afrika vir drie optredes in Maart – op die Toyota US Woordfees, vir die Johannesburg-musiekvereniging en in die Kaapstad-musiekreeks in die Baxter.

Michael Cookson het ná die Dresden-uitvoering geskryf “as jy jou oë toemaak, sal jy dink dit is die spel van ’n gevestigde professionele ensemble”.

In nog een van talle gloeiende resensies word gemeld dat elke lid van die LGT Young Soloists werklik ’n solis is, maar dat hulle ook ewe goed as ensemble saamsmelt.

Die LGT, bestaande uit buitengewoon begaafde musici van 12 tot 23 jaar uit sowat 15 lande, is die geesteskind van die Duitse violis Alexander Gilman en die pianis Marina Seltenreich.

Die LGT Young Soloists gee in Maart drie uitvoerings in Suid-Afrika, waarvan die eerste op die Toyota US Woordfees in Stellenbosch is.

Gilman sê sy liefde vir klassieke musiek het van hom ’n buitestander op skool gemaak. “En julle weet hoe veroordelend kinders kan wees. Ek het die meeste van my tyd in my kamer deurgebring en geoefen. Geen suksesvolle musikus het buitendien ’n normale kinderlewe nie.”

Toe Gilman se studiejare agter die rug is en hy les begin gee, het hy besluit om ’n ensemble te stig waarin jong uitblinkers tuis kan voel. Hy het die LGT-bank genader en ’n ooreenkoms beklink.

Gilman is self ’n veelvuldig bekroonde violis met ’n internasionale sololoopbaan. Hy vergesel gewoonlik die jong soliste.

Hy sê: “Die idee agter die LGT Young Soloists is eenvoudig: Om jong musici die kans te gee om saam met hul gelykes op te tree. My doel is ’n voortreflike ensemble met lede wat solo’s saam met ’n klein besetting kan speel tot ’n ensemble wat alles kan bemeester en waarin niemand as ’n eensame stryder bejeën word nie.”

Die LGT Young Soloists gee in Maart drie uitvoerings in Suid-Afrika, waarvan die eerste op die Toyota US Woordfees in Stellenbosch is.

Dié “wonderkind-ensemble” is in 2013 gestig en het reeds vier CD’s opgeneem, waarvan die nuutste Souvenir is.

Hul derde album, ?Nordic Dream?, is in drie kategorieë vir die Opus Classical Award benoem. In BR-Klassik CD-Tipp is op 11 Mei 2018 geskryf: “Hier is ’n ensemble wat hoofsaaklik uit tieners bestaan wat gesoute professionele musici verbysteek.”

Die LGT Soloists gee sowat 30 konserte per jaar wat hulle na al die uithoeke van die wêreld neem.

Een van die werke op hul program vir Suid-Afrika, Beethoven se Kreutzer-sonate verwerk vir viool en strykers, het hulle verlede jaar met groot welslae in die Elbphilharmonie gespeel.

Die ensemble speel ook werke van Holst, Hindemith, Tsjaikofski en Piazzolla.

  • 12 Maart om 20:00, kykNET Endler, Stellenbosch.
  • 15 Maart om 15:00, Johannesburg-musiekvereniging.* 21 Maart om 20:00, Baxter-konsertsaal, Kaapstad.
Meer oor:  Woordfees2020  |  Woordfees  |  Musiek  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.