Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Erkenning is kosbaar, sê Gert van Tonder op Jhb-fees

“Met elke prys is dit asof ’n nuwe kamer in my hart oopgaan waarin ek dit koester.”

So sê die sanger Gert van Tonder (79), wat Saterdag ’n eerbewys vir sy lewenslange bydrae op die Foxwood-fees in Houghton in Johannesburg gekry het.

Gert van Tonder Saterdag op die Foxwood-fees in Johannesburg.

“As jy jou loopbaan begin, volg jy eintlik net jou droom. Jy dink nie aan hierdie dinge nie. Maar erkenning is elke keer kosbaar.”

Van Tonder en Sias Reynecke het in die 1960’s as Groep 2 naam gemaak. Hul treffers sluit in “Die oukraalliedjie”, “Dink jy darem nog aan my?”, “Groen koringlande” en “Die padda wou gaan opsit”.

Van Tonder, wat op Badplaas in die distrik George in die Suid-Kaap gebore is, het reeds op skool in musiek belang gestel. Hy het in die koor gesing en trekklavier gespeel.

Gert van Tonder

Hy het egter ná skool ’n ander beroep gevolg en in Port Elizabeth in die laboratorium van ’n rubbermaatskappy gewerk.

“Maar ek het die behoefte gekry om te visualiseer wat ek wil doen. Een van my broers het gelag toe ek sê ek wil sing.”

Dit is by die einste broer by wie hy in Durban gebly het toe hy by die SAUK as bedryfsassistent begin werk het.

Hy het toe ’n kursus aan die Akademie vir Dramakuns gevolg.

Sias Reinecke en Gert van Tonder as Groep 2.

“Ek het destyds ’n toets afgelê om in radioteater te speel, maar ek het dit gedop. Verna Vels (omroeper en skepper van Liewe Heksie) het my in die gang raakgeloop en gesê sy wil my tog gebruik in ’n reeks deur Mikro, Die goue protea.”

Hy en Reinecke het mekaar by die SAUK ontmoet.

Van Tonder het baie toneelwerk gedoen en het in flieks soos Die wit sluier en die enkeldrama Die skaam man verskyn.

Hy en Reinecke het as Groep 2 in die fliek Jy is my liefling verskyn.

Foxwoodfees
Gert van Tonder het Saterdag 'n eerbeyws vir sy lewenslange bydrae ontvang.

Hulle het in 1968 op die Midem-musiekfees in die Palais de festival in Cannes, Frankryk, opgetree. Daar het hulle die Midem-trofee gekry vir kunstenaars wat plaaslik die meeste plate die vorige jaar (1967) verkoop het.

Reinecke is in 1982 dood.

Van Tonder was ook een van die aanbieders van die destydse kinderprogram Wielie Walie.

“Ek was weens die inperking minder besig, maar ek het weer ’n toer in die Oos-Kaap in Februarie. Ek begin nou weer besprekings kry. Ek gaan nog aan.”

Gert van Tonder en Sias Reinecke het in die 1960’s as Groep 2 naam gemaak.
Meer oor:  Houghton  |  Johannesburg  |  Eerbewys  |  Feeste  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.