Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
FAK vereer Jannie du Toit wat sy liedjies vir ons kom sing

Die sanger Jannie du Toit, wat Vrydag ’n eerbewys van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ontvang het vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek, sê hy is dankbaar daarvoor dat hy steeds kan doen waarvoor hy lief is.

Eerbewys van die FAK
Jannie du Toit met die FAK-eerbewys vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Foto: FAK

Die eerbewys is op die Cantare-kinderkoorfees in Alberton aan hom oorhandig.

Die FAK sê die eerbewys is ook aan hom gegee vanweë sy noue verbintenis met Afrikaans en Nederlands.

“Ek is lief vir musiek en taal,” sê Du Toit.

“Ek doen dit eerstens vir myself omdat ek so mal daaroor is. Tale is ’n groot belangstelling. Ek is net ’n bietjie liewer vir Afrikaans as vir ’n paar ander tale.

“Gelukkig het ek ’n gehoor wat dit vir my moontlik maak om aan te gaan. Ek is vroeg in my loopbaan gevra waarna ek streef en ek het gesê om net te kan aangaan. Ek besef deesdae al hoe meer hoe ’n groot ideaal dit was.”

Du Toit het Vrydagaand onder meer “Liedjie vir jou” en “Gee ons vrede” saam met die kore gesing.

“Gee ons vrede” kom uit die 1988-musiekproduksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Du Toit is al byna 50 jaar in die musiekbedryf.

“Dit sal in 2021 vyf dekades wees. Ja, ek is finansieel nie so sterk soos my sangvriende nie, maar ek is dankbaar vir die vreugde wat ek uit hierdie werk kry.”

Hy tree einde Junie in die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela in die produksie Musiek en liriek: 40 jaar later op met onder andere Anton Goosen en Coenie de Villiers.

Daarna neem hy sy produksie Bonjour Monsieur Brel met die musiek van die Belgiese sanger Jacques Brel na die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad). Die tjellis Susan Mouton en die pianis Chanie Jonker (ook op trekklavier) tree saam met hom op.

Hy is bekend om musiekproduksies soos Kiekies en Doep is nie dood nie waarin hy die musiek van onderskeidelik Lucas Maree en Koos du Plessis sing.

* Die Innibosfees duur van 26 tot 29 Junie en die Nasionale Kunstefees duur van 27 Junie tot 7 Julie.

Meer oor:  Musiek  |  Jannie Du Toit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.