Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
FAK vereer Min Shaw, Lance James vir lewensbydrae
Min Shaw en Lance James

Die sangeres Min Shaw reken naas haar bekering is haar eerbewys van die FAK die grootste hoogtepunt in haar lewe.

“Dit is so ’n groot eer om hierdie erkenning te kry, dat die oomblik amper vir ’n mens te groot is.”

Sy en die sanger Lance James het Vrydag elkeen ’n eerbewys vir hul lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek op die Afri-duetfees in die Choose Life-kerk in Moreletapark, Pretoria, ontvang.

“Dat Min dit kry, kan ek verstaan, maar om te dink hulle het dit goedgedink om dit aan my te oorhandig,” sê James.

“Min verdien dit en ek glo sy (Shaw) is een van die grootste sterre in ons land.

“Die prys beteken vir my baie, baie, baie. Ek het baie respek vir die FAK en vir dit wat hulle vir ons volk, kultuur en taal doen. Weet jy hoe trots is ek om dit te ontvang en dit in my sitkamer uit te stal?”

James en Shaw het deur die jare dikwels saam liedjies opgeneem. Hul eerste langspeelplaat, Bymekaar, is in 1968 uitgereik.

“Die liedjie “Bymekaar” het so ’n groot treffer geword dat dit ons temalied geword het en tot vandag toe móét ons dit steeds sing,” sê James.

“Kyk, ons het baie liedjies wat gewild geword het, maar ‘Bymekaar’ som alles op.”

James het die sangstem van Franz Marx se karakter vertolk in die rolprent Die Danie Bosman-storie, waarin Shaw ook verskyn het.

“Franz het die rol van Danie (die bekende Suid-Afrikaanse komponis) vertolk,” sê Shaw wat Bosman se vrou vertolk het. “Toe sing ek en Lance die liedjie ‘Aandlied van die voëls’ wat onmiddellik ’n treffer was. Ons is sangmaats, kollegas en vriende. Ons het die album Bymekaar meer as 50 jaar gelede opgeneem en ons is steeds ‘bymekaar’.”

Vir Shaw is die eerbewys ’n nuwe aansporing.

“Ons het met die FAK grootgeword. Ek is sprakeloos en geëerd dat dit na my kant toe gekom het. Dit het my sommer weer ’n nuwe wip en ’n vars aansporing gegee.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.