Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Fees van Mozart in Bfn

Die opskrif “Magiese musiekervaring met Mozart in die tuin” laat geen twyfel dat die Vrystaatse simfonieorkes (FSSO) se eerste uitvoering vanjaar musiek van dié meesterkomponis bied nie.

Aangesien Covid-19-maatreëls steeds teaterkonserte finansieel onmoontlik maak, sal die konsert op 17 April weer in die Botaniese Tuin in Bloemfontein gehou word.

’n Blik op een van die FSSO se konserte verlede jaar in Bloemfontein se Botaniese tuin. Foto: Verskaf

Maar die keer tree die orkes twee keer op die dag op om soveel musiekliefhebbers as moontlik te akkommodeer en hulle boonop die keuse van ’n middag- of ’n aandkonsert te gee.

Alexander Fokkens, wat die konsert dirigeer, het op arias uit twee Mozart-operas besluit, Don Giovanni en Le nozze di Figaro.

Daarby verskyn Le nozze di Figaro onder die toptien op die Operabase-lys van operas wat wêreldwyd die meeste opgevoer word sedert die laat 18de eeu.

Die arias wat gehoor sal word, sal bekend gemaak word sodra bevestiging van die soliste verkry is.

Mozart se Simfonie nr. 29 in A majeur, wat saam met Simfonie nr. 25 as die beste onder sy vroeë simfonieë uitgesonder word, is die ruggraat van die konsert.

Dit is alombekend dat Mozart pragtige melodieë geskryf het en dit is presies waaruit die program bestaan.

Volgens Fokkens het die FSSO se tuinkonserte verlede jaar vinnig uitverkoop. Die bestuur beloof gereelde optredes vanjaar met nakoming van die Covid-19-maat­reëls so lank as wat dit nodig is.

Maskers is verpligtend vir die tuinkonserte en geen kos en drinkgoed word in die konsertarea toegelaat nie.

17 April om 15:30 vir 16:00 en 18:00 vir 18:30. Die kaartjies kos R75 wat toegang tot die Botaniese Tuin insluit.

Meer oor:  Botaniese Tuin  |  Bloemfontein  |  Mozart  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.