Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Finansiering vir Polisiekar laat rekords spat
Fokofpolisiekar het hierdie collage op Facebook geplaas nadat hulle die teiken van hulle skarefinansiering veldtog bereik het. Foto: Facebook/Fokofpolisiekar

Al het Fokofpolisiekar se opkomende album nog nie ’n naam nie, het dit reeds die Suid-Afrikaanse rekords vir skarefinansiering laat spat.

In net nege dae sedert hul Thundafund-veldtog om hul eerste vollengte album in tien jaar te finansier op 22 Maart afgeskop het, het die insameling reeds meer as 10% van die teikenbedrag oorskry.

Teen Dinsdagoggend het Fokofpolisiekar reeds meer as R570 000 ingesamel van hul droombedrag van R500 000 – al is daar nog 48 dae van die veldtog oor.

Nadat dié Afrikaanse rockgroep onlangs aangekondig het dat hulle in Oktober 2017 die nuwe album sal bekend stel, mits hulle die finansiering daarvan deur skarefinansiering kan insamel, het ondersteuners oorweldigend reageer.

Boonop het die skarefinansieringsveldtog twee plaaslike rekords gebreek. Volgens Thundafund het die groep die meeste geld binne 48 uur op die platform ingesamel en het hulle ook die meeste geld vir ’n album in Suid-Afrika ingesamel.

Ons het probeer om op te breek, maar ons kon nie. Dis groter as wat ons ooit verwag het dit gaan wees en dit is as gevolg van een ding . . . julle.
Fokofpolisiekar

“Die Fokof-ding wil net nie doodgaan nie,” het Fokofpolisiekar Maandag op hul Facebook geskryf. “Ons het probeer om op te breek, maar ons kon nie. Dis groter as wat ons ooit verwag het dit gaan wees en dit is as gevolg van een ding . . . julle.’’

“Dit voel soos ’n belediging om ons fans aanhangers te noem. Daar is iets ontasbaars wat Fokof en ons gehoor aan mekaar bind. Ons as lede voel partykeer asof ons net voertuie is vir die ‘Spirit of Fokof’ om haarself uit te leef,” het die groep oor die ongelooflike ondersteuning op Facebook geskryf.

“Hierdie nuwe Fokof-projek is ’n debat. Dit was nooit vir ons moontlik om op ons eie ’n album uit te bring nie. Ons was altyd afhanklik van ander mense se geld. En afhanklik van ’n bedryf wat gebou is op die uitbuiting van die kunstenaar. Die afgelope paar jaar het dinge verander.”

Volgens die groep is minder as 500 eenhede van die nuwe album verkoop uit die meer as R570 000 wat ingesamel is. Die finansieringsteiken is bereik deur die verkoop van memorabilia soos Wynand Myburgh se Fender Roger Waters Precision-baskitaar wat teen R25 000 verkoop is.

Met die oorblywende 48 dae van die veldtog wil Fokofpolisiekar probeer om meer eenhede van die album te verkoop. Die doelwit is nou om goue status te bereik met voorverkope van 15 000 eenhede vanaf hul Thundafund-blad.

Meer oor:  Finansiering  |  Laat  |  Vir  |  Fokofpolisiekar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.