Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Fokofpolisiekar vier 16 jaar met bieliekonsert

Vroeg in die nuwe millennium het Afrikaanse musiek weer begin vlam vat toe kunstenaars soos Karen Zoid, Jan Blohm en die Melktertkommissie uiting aan ’n hele generasie se emosies gegee het.

Maar dit sou in 2003 blyk dat hulle die verwelkomingskomitee was vir ’n groep wat met hul aankoms op die toneel almal laat kennis neem het.

Fokofpolisiekar se vyf lede, Francois van Coke, Wynand van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder en Jaco (Snake) Venter, het in 2003 die wêreld aan die brand gespeel. Met hul blatante naam, lirieke wat nie doekies omgedraai het nie en ’n honger mark het hulle die jeug se stem van protes geword. Ondanks skandale en skokverhale staan die stout seuns van Bellville ná byna twee dekades almal nader aan 40 en kyk terug na die reis.

Die vyf lede van die groep Fokofpolisiekar. Foto: ALAN MEYER

Hulle antwoord ’n klompie vrae:

Wat weet min mense van F die band?

Hunter: Ons eerste keer saam op verhoog was as ’n 12-jarige Avril Lavigne-wannabe se agtergrond-band. Dit was so ewe vir ’n Duitse versekeringsmaatskappy se advertensie. Daardie geld het ons gebruik om “As jy met vuur speel sal jy brand” op te neem.

Johnny: Die inhoud van ons Whatsapp-groep se chat.

Francois: Ons al vyf se pa’s was hoofseuns!

Wynand: Dat Hunter Kennedy nie ’n kitaar besit nie en nie en hy, Johnny of ek kitaar-amplifiers besit nie.

Julle top-drie bands ooit?

Johnny: The Beatles, Queen en ACDC.

Wynand: AC/DC, Nirvana en Rancid.

Die groep by Kistenbosch.Foto: LIAM LYNCH

Wie is ’n beter kamermaat op toer – Jaco (Snake) of Wynand?

Johnny: Snake as ek deurnag wil kuier. Wynand andersins.

Francois: Definitief Wynand. Snake snork en sukkel om wakker te word.

Hunter: Snake is my toerwyf!

Beste musiekfees om by te speel?

Johnny: Oppikoppi.

Francois: Oppikoppi en Innibos.

Snaaksste voorwerp of plek waar julle moes handtekeninge uitdeel?

Johnny: Banknote.

Jaco: Op ’n swanger vrou se maag.

Francois: Op ’n kar se dak.

Hunter: Manborste, boude, voorkoppe.

Jul eerste album is al amper mondig – hoe het jul ateljeeopnames oor die jare verander?

Jaco: Die armoede! Ons het in tente gebly vir die week terwyl ons opgeneem het, maar ons was gelukkig ingeoefen en kon ’n songper dag opneem. Ek kan nie help om te waardeer hoe ver ons al gekom het nie. Die luukse ervaring in die Stellenbosse berge in ’n state-of-the-art studio is ver verwyderd van waar ons begin het in ’n beknopte motorhuis in Boksburg.

Francois: Ek kan dit soos gister onthou. Ons het die hele album in ’n week opgeneem (dit is vinnig volgens enigiemand se standaarde) en gemeng by B-Sharp Studios. Ons was baie gerook en ek het gehuil toe Johnny sy kitaardeel op “Tygerberg Vliegtuig” gespeel het. Ons het darem deesdae ’n bietjie meer tyd en ons hoef nie in Boksburg op te neem nie!

Wynand: Die grootste verskil is dat ons almal toe net Fokof gedoen het. Dit was almal se hooffokus. Deesdae is almal baie besig. Ons is so stuk-stuk aan die werk en dit is min dat almal saam in die studio is.

Wanneer het jy besef Fokofpolisiekar is hier om te bly – daai “we made it”-gevoel?

Francois: Ek het begin huil toe Johnny kitaar speel terwyl ons daai eerste EP record het, ek en Hunter het toe buite die studio gedans en geskree: “Ons wen!” Ek dink dit was toe!

Hunter: Die “hier om te bly”-gevoel het ek gekry toe ons probeer opbreek het.

Wynand: Ek dink nie ek voel nou al eens so nie. Dit voel altyd vir my of daar nog mylpale moet gebeur. Daardie definisie van ’n toppunt skuif maar net die hele tyd.

Jaco: Toe ons in 2007 weer begin speel het nadat ons vir ses maande nie saam gespeel het nie. Ons sou aanvanklik langer opgehou saamspeel het, maar ons kon ná ’n ruk nie meer nee sê vir promotors se gig-offers nie. Die fans het ons weer laat begin speel.

Ná 16 jaar en baie optredes raak dit sekerlik ’n warboel. Is daar konserte wat uitstaan?

Hunter: Ek onthou ’n gig in Lambertsbaai waar ons eers 02:00 op die verhoog kon klim. Dit was in ’n leë straatkafee, en ons het geweet daar is moeilikheid toe ons sien die klankstelsel is ’n hoëtrou­stel se luidsprekers. Die organiseerder het gedreig om my rug te breek.

Johnny: Ons eerste gig buite SA, Pukkelpop (België).

Francois: Elke Oppikoppi-gig tot nou was onvergeetlik!

  • Fokofpolisiekar se Sweet Sixteen-konsert vind op Saterdag, 13 Julie by Loftus Versveld se D-veld plaas van 11:00 tot 19:00.
WEN

Wen ’n geskenkpak wat bestaan uit

*1 x Fokofpolisiekar-lapelwapen

* 1 x paar Fokofpolisiekar-sokkies

* 1 x plaat

* 1 x T-hemp

* 1 x pet

* 1 x Forgive them for they suck . . . LIVE DVD

Stuur jou besonderhede na vrydag@media24.com met FP in die onderwerpveld. Die sluitingsdatum is Maandag 15 Julie om 12:00.

Meer oor:  Fokofpolisiekar  |  Celebs  |  Sweet Sixteen-Konsert  |  Musiek  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.