Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Frankryk se Sinatra’ sê au revoir op 94
Charles Aznavour is in die ouderdom van 94 oorlede. Foto: Mario Anzuoni

Die Franse sanger Charles Aznavour (94) is Sondagnag in een van sy huise in die Franse Alpe dood, het Vincence Stark, sy woordvoerder, aan CNN gesê.

Aznavour het langer as agt dekades die harte van miljoene harte met sy fluweelstem verower.

Aznavour, wie se ouers Armeense immigrante was, is in 1924 gebore.

Hy was volgens CNN bekend vir treffers soos “She” en “Hier Encore”.

Verlede jaar is ’n ster vir Aznavour op die Hollywood Walk of Fame gevoeg, en in 1998 is hy gekies as CCN se vermaaklikheidster van die eeu.

Die sanger, wat meer as 1 000 liedjies geskryf en opgeneem het, is soms die Franse Frank Sinatra genoem vanweë sy hartstogtelike styl.

Aznavour het juis al saam met Sinatra opgetree, asook ander musieklegendes soos Elton John en Liza Minelli.

Nog bronne: Reuters.

Meer oor:  Musikant  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.