Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Franse koor betower met Clegg-lied

Die oomblik was “betowerend” toe ’n Franse koor en die personeellede van ’n restaurant in Pretoria ’n trots Suid-Afrikaanse liedjie saamsing.

Die koor van Toulouse in Frankryk het die personeellede van La Madeleine aangemoedig om Asimbonanga van die alombekende Suid-Afrikaanse musikant Johnny Clegg saam met hulle te sing.

Toe hulle die restaurant verlaat, het hulle elke personeellid met ’n soen op die wang gegroet.

’n Video het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Hoewel die kommunikasie tussen die koor- en personeellede effe gebroke was, het almal verstaan toe die trefferlied gesing word.

“Dit het vir ’n fantastiese atmosfeer gesorg. Dit was baie spesiaal,” sê Daniel Leusch, eienaar van die restaurant.

Hy het die restaurant 35 jaar gelede gestig.

Hierdie “hoendervel”-oomblik het Vrydag tydens middagete in die restaurant gebeur en volgens die personeellede het die Franse die Afrika-woorde in die liedjie “perfek” uitgespreek.

“Hulle (die koor) het die liedjie vooraf geken,” sê Leusch.

Dit is nie duidelik as wat dié koor bekend staan nie.

Asimbonanga gaan oor Nelson Mandela wat op Robbeneiland is waar ons hom nie kan sien nie.

Clegg het die lied in 1999 in Frankryk uitgevoer waartydens Mandela hom op die verhoog by die groep aangesluit het.

“Hulle (die Franse) is baie vriendelike mense. Toe hulle die restaurant verlaat, het hulle elke personeellid met ’n soen op die wang gegroet,” sê Leusch.

Hy sê hy het vir die buitelanders vlakvark bedien en hulle het dit baie geniet.

Volgens sy kennis is dit die koor se eerste toer na Suid-Afrika. Ná hul kuier in Pretoria sou hulle die Kruger-wildtuin besoek.

Meer oor:  Johnny Clegg  |  Toulouse  |  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.