Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
FSSO beur voort ondanks terugslae
Alexander Fokkens tree ná tien jaar uit as artistieke direkteur van die FSSO. Hy het vir oulaas ’n jaarprogram opgestel.

Die Vrystaatse simfonieorkes (FSSO) het ’n simfonieprogram gereed ongeag wat die gevolge van die koronaviruspandemie vanjaar kan inhou.

Frederik Fourie, die voorsitter van die FSSO-raad, sê die boodskap aan musiekliefhebbers is dus dat die orkes voortgaan. “As daar terugslae is, sal ons ’n plan maak, maar ons sal nie gaan lê nie,” het hy gesê.

Konsertdatums is nog nie finaal vasgestel nie sodat dit volgens Covid-19-inperkings aangepas kan word. Wat wel bekend is, is ’n konsert in middel April in Bloemfontein se Botaniese Tuin. Die presiese datum sal nader aan die beoogde tyd bekend gemaak word.

Orkeskonserte wat verlede jaar in die Botaniese Tuin gehou is, het groot gehore gelok en is ’n teken dat musiekliefhebbers uitgehonger is vir optredes.

“Selfs toe ’n kragonderbreking en kompetisie van partytjiemusiek die uitvoerings byna belemmer het, het die mense bly sit,” sê Fourie.

Die res van die FSSO-jaarplan sluit ’n simfoniekonsert in Junie in en ’n groot afsluitingskonsert in November. Albei konserte is vir die Sand du Plessis-teater geoormerk as dit toeganklik is.

Die dirigent Gérard Korsten het beloof om weer Bloemfontein toe te kom en sal die orkes lei in ’n konsert wat op 4 September sal plaasvind indien dit nie deur onverwagte Covid-19-maatreëls in die wiele gery word nie.

’n Jeugmusiekfees is ook deel van die jaarplan, asook optredes deur die Vrystaatse Jeugsimfonieorkes.

’n Verandering in die bestuur van die FSSO word vanjaar meegebring deurdat Alexander Fokkens ná tien jaar as artistieke direkteur uittree. Die pos sal geadverteer word.

Volgens Fourie is dit ’n administratiewe pos en word daar nie verwag dat die persoon ook ’n dirigent moet wees nie. Indien die nuwe aanstelling wel albei take kan behartig, sal dit ’n aanwins wees.

Datums vir al die konserte sal bekend gemaak word sodra sekerheid verkry word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.