Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Geniet Afrikaanse konserte voor nuwe jaar

Vakansiegangers in Hartenbos in die Suid-Kaap kan nog na ’n reeks In Afrikaans-konserte voor die nuwe jaar uitsien.

Die eerste In Afrikaans-konsertreeks, wat op 20 Desember op Hartenbos begin het, bied iets vir elke smaak.

Of jy nou wil sokkie en dans of eerder akoestiese klanke verkies, met ’n noukeurig saamgestelde program is daar iets vir ’n ieder en elk.

“Ons glo musiek is kos vir die siel en met die betrokke kunstenaars se gesamentlike dinamika op die verhoog gaan daar meer as een magiese oomblik wees om gehore vas te gryp,” het Jacomien de Villiers, besturende direkteur van Inhoud Huis Musiek en In Afrikaans, gesê. “Elke vertoning is spesiaal vervaardig om aanhangers se siel te voed.”

Die akteurs wat in die fliek Susters te sien is. Van links is, voor: Sean Marco Vorster en Deaan Lawrenson; agter: Leah en Qanita Adams. Foto: @InAfrikaans

Hartenbos se strate wemel reeds met vakansiegangers en elke dag sluit nog mense hulle by die kusdorpie aan. As jy dus na iets soek om jou aande op te kikker, is dié konsertreeks nét die ding.

Kom beleef Dinsdagaand ’n stukkie nostalgie met ’n buitelug-fliekpiekniek met dieselfde atmosfeer as die eertydse inry wanneer Susters, die nuwe Afrikaanse fliek met Leah, Diaan Lawrenson, Quanita Adams en Sean-Marco Vorster die eerste keer by die In Afrikaans-konsertreeks wys.

Op 27 Desember word Mnr. en Mej. Hartenbos gekroon en die geleentheid is ’n interessante kombinasie tussen ’n skoonheidskompetisie en musiekkonsert.

Volgens Ilse de Beer, koördineerder van In Afrikaans, is dit die eerste keer dat die skoonheidskompetisie en musiekkonsert gekombineer word.

Mej. Hartenbos sal ook outomaties ’n finalis in die Sarie-Voorbladgesig-kompetisie wees.

Snotknop is ook nou deel van die In Afrikaans-konsertreeks in Hartenbos. Hy tree Woensdagaand saam met onder andere Karlien van Jaarsveld tydens Mnr. en Mej. Hartenbos op.Foto: @InAfrikaans

Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Brendan Peyper, Leah, Jan Bloukaas en Georic Lomas is deel van die aand se vermaak.

Bring jou kampstoel en kombers en kom kuier lekker saam met jou gunsteling- Afrikaanse kunstenaars. Kosstalletjies en ’n kroegtent sal ook beskikbaar wees, sowel as ’n winkel wat artikels van die kunstenaars sal verkoop.

Net voor die einde van die jaar tree Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman gesamentlik tydens ’n konsert op 30 Desember op.

Op 4 Januarie tree Theuns Jordaan, Riana Nel, Elvis Blue en Jo Black tydens ’n akoestiese konsert op.

Kaartjies vir die konserte en ander geleenthede by die Hartenbos-amfiteater is nog beskikbaar by www.itickets.co.za of skakel 086-100-0291.

Meer oor:  Riana Nel  |  Snotkop  |  Elvis Blue  |  Theuns Jordaan  |  Jo Black  |  Hartenbos  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.