Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Geniet virtuele huiskonsert vir 10 mense met drinkgoed daarby
Danie du Toit

’n Huiskonsert wat die idee van ’n konsert in jou eie huis na nuwe hoogtes neem en boonop vir ’n goeie doel.

Die sangers Koos van der Merwe (Prophet), Danie du Toit (Spoegwolf) en Frieda van den Heever, aanbieder van Vers en klank, asook Kortom op RSG, kom hou (virtueel) konsert in jou huis op 3 Oktober.

As gasheer of -vrou van dié konsert ontvang jy saam met jou skakel vir die konsert ’n spesiale pakkie per koerier wat by die voordeur afgelewer word. Jou konsertkaartjie maak voorsiening vir tot tien gaste.

Die huiskonsert, Rym, wyn en samesyn, is op die wynlandgoed La Cotte in Franschhoek opgeneem.

Frieda van den Heever

Die pakkie bestaan uit een bottel Fynbos-jenewer, vier uitsoekwyne, drie digbundels en boeke deur Du Toit en Van der Merwe, die album Koma van Spoegwolf, ’n pakkie StartWell-ontbytpap, asook ’n kans om ’n naweek vir tien (ter waarde van R55 000) in die private villa op La Cotte in Franschhoek te wen. Daar wag ook nog poeding van Ambassadors Foods. Die waarde van die pakkie beloop nagenoeg R1 500.

• Du Toit is die liedjieskrywer en hoofsanger van die groep Spoegwolf en ook ’n digter. Sy bundel, Warmer voor die tuimeldroër, is reeds in sy tweede druk.

• Van der Merwe is bekend om sy Leonard Cohen- en Bob Dylan-vertalings in Afrikaans, en het reeds verskeie digbundels die lig laat sien en is ook reeds langer as 30 jaar ’n lid van die sanggroep Prophet.

Theo Geyser maak saam met Van der Merwe ’n verskyning op die verhoog en sing ’n nuwe Prophet-liedjie. Die groep stel in Januarie ’n nuwe Prophet-album bekend.

Koos van der Merwe

• Frieda van den Heever is ’n sanger, digter en ook wyd bekend as aanbieder van die RSG-programme Vers en klank en Kortom.

Die oogmerk met die konsert is om geld in te samel vir die Inani Start Well-stigting, die eerste verskaffer sonder winsbejag van ontbyt-maaltye aan kinders uit arm gemeenskappe in Suid-Afrika.

Die stigting wil belemmerde groei by kinders bekamp. Sowat 27% van kinders in die land het belemmerde groei, wat beteken hulle neem nie kos met goeie voedingswaarde in nie en hul breine en liggame kan gevolglik nie tot hul volle potensiaal ontwikkel nie.

Pakkette vir die konsert wissel tussen R1 000 en R1 800.

Kontak Yolandi van der Wath vir besprekings en meer inligting by 082 325 3053 of stuur ’n e-pos na yolandi@inanicfs.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.