Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Gevierde Sekgapane sing in Kaapstad
Die Suid-Afrikaanse tenoor Levy Sekgapane.

As die tenoor Levy Sekgapane ’n paar opera-arias in ’n konsert van die Liedmakersgilde sing, sal niemand seker kla nie.

Dié oud-Kaapse sanger het so ’n bedrywige opera-skedule in Europa dat dit uitsonderlik is om hom in ’n konsert in Kaapstad te hoor.

Die program wat hy met Albie van Schalkwyk as begeleier op die konsert in Julie sal lewer, is dieselfde as dié wat hulle in Maart vanjaar op die Wexford-fees in Ierland aangebied het.

Liedere soos Beethoven se siklus An die ferne Geliebte, op. 98, Gabriel Fauré se Trois mélodies en

vier volksliedere van Benjamin Britten sal geswore kunslied-aanhangers bevredig. Hulle sal sekerlik ewe groot waardering hê vir die opera-arias en bel canto-liedere wat Sekgapane insluit, onder meer “Com’è soave” uit Lucrezia Borgia van Donizetti, La lontananza van Rossini en La ricordanza van Bellini.

Minder bekende werke op die program is Stefano Donaudy se “Arie di stile antico” en “O del mio amato ben”, Édouard Lalo se “Vainement, ma bien aimée” uit Le roi d’Ys en “Viens, gentille dame” uit Francois-Adrien Boieldieu se opera La dame Blanche.

Hanna van Schalkwyk, Sekgapane se sangdosent toe hy aan die Universiteit van Kaapstad se Musiekkollege gestudeer het, sê dié tenoor het pas nog ’n prestasie by sy lang lys gevoeg: Hy het na die eindrondes van die Operalia-kompetisie deurgedring.

Die kompetisie is ingestel deur Placido Domingo en word elke jaar in ’n ander stad gehou. Vanjaar is dit van 24 tot 29 Julie in Astana, die hoofstad van Kazakstan. In 2011 was die Suid-Afrikaanse sopraan Pretty Yende die wenner van die kompetisie.

Sekgapane het sy professionele debuut in 2014 gemaak as Don Ramiro in Kobie van Rensburg se produksie van Rossini se La Cenerentola. In 2015 het hy die gesogte Hans Gabor Internasionale Belvedere-kompetisie gewen en kort daarna is hy in die sangateljee van Dresden se Semperoper in Duitsland opgeneem.

Toe Europese operahuise hom links en regs rolle begin aanbied het hy hom as vryskut beskikbaar gestel en sedertdien blom sy loopbaan.

Hy het reeds hoofrolle in die belangrikste operahuise gesing, onder meer in Berlyn, Hamburg, Kopenhagen, Oslo en Parys. Hy is ook genooi na die groot Rossini-fees in Pesaro en die Donizetti-fees in Bergamo, albei in Italië.
* Die Liedmakersgildekonsert is op 11 Julie om 19:30 in die Baxter (nie soos gewoonlik in die Nassau-sentrum nie) en word op 15 Julie op La Motte herhaal.

Meer oor:  Opera  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.