Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Gewilde musiek in Somerstrand

Musiekliefhebbers kan uitsien na die eerste musiekkonsert sedert die inperkingsregulasies wat deur die Veremark-orrelvereniging in samewerking met die Port Elizabeth-musiekvereniging aangebied sal word.

Die konsert, ’n dankkonsert, sal vandag en môre om 18:00 in die NG kerk Somerstrand in Louis Bothalaan in Somerstrand, Port Elizabeth, plaasvind.

Prof. Albert Troskie, ’n welbekende orrelis en konsertorganiseerder, het topkunstenaars genooi om die aand as sy musiekvriende saam met hom op te tree.

Hy sal self ook ’n uitvoering op die pragtige Somerstrand-orrel aanbied.

Dr. Erika Bothma, ’n konsertpianis, sal twee werke van Liszt op die orrel uitvoer en sal ook saam met Elmarie van der Vyver ’n uitvoering van “Heimwee” en “Ladies in Lavender” aanbied.

Van links: Janneke Jacobs, Albert Troskie, Elmarie van der Vyver, Saskia Weitsz, Tiaan Uys en Henru van Zyl. Voor die klavier: Rochelle Oelofse en Erika Bothma.

Daar kan ook uitgesien word na klavier- en orrelduetverwerkings van onder meer “Highland Cathedral”, die “Serenade van Toselli” en Schubert se “Marche Militaire” wat deur Bothma en Troskie uitgevoer sal word.

Elsje Nelson (sopraan), Alfred Felkers (tenoor) en Henk Botha (bas) is die sangers vir die geleentheid.

Ander kunstenaars wat ook deelneem, is die strykers Janneke Jacobs, Saskia Weitsz en Tiaan Uys, die pianiste Rochelle Oelofse en Rina Ras, die fluitspelers Erna Cloete en Anél van Deemter en die trompetspelers Henru en Valmarie van Zyl.

Die program bied ’n groot verskeidenheid van gewilde musiek in die veilige omgewing van die Somerstrand-kerk.

Alle Covid-19-protokol sal te alle tye gehandhaaf word met veilige afstand, die dra van maskers en sanitering by die deur.

Omdat spasie beperk is weens die Covid-19-regulasies, sal slegs 250 mense die konsert kan bywoon.

Kaartjies kan by die deur gekoop word en kos R50 per persoon. Pensioenarisse betaal R40, studente R30 en skoliere kan die konsert gratis bywoon.

Die kaartjie sluit ’n gratis koppie koffie in.

Bel Troskie by 082 726 9595 of Bothma by 082 308 4494 vir meer inligting. – Verwerk deur Willemien Green

Meer oor:  Musiek  |  Somerstrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.